Stappe kom ná man hond se karkas in straat gooi

‘n Skermskoot uit die video wat op sosiale media versprei word.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Sandton het Woensdag gesê hulle het reeds die identiteit vasgestel van die man wat op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgevang is toe hy ʼn hond se karkas in ʼn straat in Kensington in Johannesburg gestort het.

Die beeldmateriaal, wat op sosiale media versprei word, toon hoe ʼn man in ʼn straat in Kensington stilhou en die kattebak van sy motor oopmaak. Hy stap dan stadig na die agterkant van die motor en kyk rond of iemand hom sien, voordat hy die karkas van ʼn hond in die straat gooi, vinnig in sy motor klim en wegry.

Volgens die Sandton DBV werk die man vir ʼn groot prokureursfirma in Sandton. “Ons wil graag ons ondersteuners verseker dat die saak ons volle aandag geniet. Ons is in besit van die volledige besonderhede van die individu. Ons het kontak gemaak met die prokureursfirma [waar hy werk] en wag op terugvoer van die voorsitter van die firma om ʼn vergadering te belê,” lui ʼn inskrywing op die DBV se Facebook-blad.

“Ons sal julle ingelig hou van ons vordering met die saak.”

Volgens mediaberigte sal die DBV strafregtelike aanklagte teen die man aanhangig maak.

Maroela Media het die Sandton DBV genader vir meer inligting en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan. H. ·

Hier is iets nie lekker nie, ,, Gooie n baba op n fulleshoop, in asblik , Maar oooo wee, netnie n hond nie,,, Ek praat dit nie goed nie,, Maar wie se hond is dit,

wielie ·

Ja nee ….. gooi die babas weg Maar nie die hond nie ……. jy kan moor vir n foon of n paar rand ….. maar moenie n hond ini straat gooi nie!!!! Net in SA

christa ·

deesdae word enigiets op die sypaadjies gegooi. Van kaste en banke, en lyke, en karkasse en wat nog. Die dorpe lyk deesdae soos vullishope. Waar is die dae wat die strate nog skoon gehou is en elkeen trots was op die sypaadjie voor sy erf.

Willie ·

Ho edoen n mens dit, die honde kinders verdien dit nie… geen respek nie…

christa ·

as daar so met die karkas gewerk is, kan jy net wonder hoe is daardie dier behandel toe hy nog gelewe het. My honde is my kinders en sal waardig begrawe word soos my kat ook begrawe is. Party mense is nie ‘n dier se liefde werd nie

linda ·

ek stem saam, maar as hy die hond voor my erf gooi en dit my probleem maak…. jammer not on – hoekom moet dit my geld kos om van sy hond ontstslae te raak, hy kon die bedrag by DBV gaan betaal het om van die hond ontslae te raak, die man behoort van beter te weet

Anti DBV ·

DIe DBV stel my teleur. DIt vat weke amper maande om ‘n saak teen die weermag te maag wat hulle perde wanvoed. Dis lewende diere wat besig is om te sterf en julle vat julle tyd. Nou mors hulle tyd en mannekrag om ‘n wit man te vervorg wat ‘n dooie dier weggooi? Komaan DBV. Julle kan julle skenings gelde beter benut as dit. Ek stem saam die man kan die dier op ‘n ander hanteer het. Van die Vee artse vra al R400 om van ‘n dooie dier ontlse te raak. Dis baie geld as dit nie jou eie dier is nie.

Johann ·

Hoekom nou weer ras hierby betrek. Dis irrelevant watter ras die skuldige is. Hy moet vervolg word oor sy daad!

Diereliefhebber ·

Neem net die oorskot na `n veearts of die DBV. Hulle sal dan oorneem. Hoe moeilik kan dit wees ?

Agnee ·

Ek dink dit is disgusting, maar weereens soos baie mense hierbo se .. as ‘n kind op die vullishoop gegooi word dan kom daar geen stappe teen die ouers nie .. NEE wat hy gedoen het is verkeerd . MAAR let op die hond was reeds dood. Sou graag wou weet waaraan die hond dood is??? Natuurlike oorsake of is die hond doodgemaak wat natuurlik heeltemal die saak sal verander? Ek verstaan nie hoekom begrawe jy nie net ‘n hond nie?

Wilma ·

Ai mense wie se da was kringtelevisie wa babas gedump word. Dalk het hy hond doodgemaak. Hy moet boet

honourable member ·

duidelik een van daai wat niks vir diere voel nie. Seker die hond doodgeslaan of iets en nou wil hy dit net langs die pad gooi.

brens ·

Ag foeitog man….dalk het hy per ongeluk die woef raakgery en nie geweet hoe om dit aan die eienaars te verduidelik nie!!

Eish ·

Sou die persoon n kroekereur wees synde hy vir n groot prokureursfirma in Santon werk?

Dries ·

My hond is gister dood, R600 vir die uitsit en R500 om die karkas te verwyder en ek doen dit met plesier want ek gee om vir diere.

Ronel ·

As jy nie kan bekostig om jou dier met waardigheid te behandel terwyl hy lewend is of wanneer hy doodgaan nie MOET DAN NIE ‘N DIER AANHOU NIE!

Leeu ·

Wys vir my die stuk uit waar die berig se dis sy hond asb? Want anders lees ons verskillende artikels.

Judge Dredd ·

@Karen – as ‘n dier dood is dan is hy dood – as dit die DBV meer genot sal gee om hom daar te laat vrot waar hy sterf(gesondheids risiko) dan is hul welkom.

Vegter ·

Maak nie saak wie se hond of wat die rede is hoekom hy dit gedoen het nie as jy nie n dier met respek kan behandel nie hoe behandel jy jou medemens?

M'Lady ·

Hierdie man moet n astonomiese salaris verdien maar maak sy probleem iemand anders s’n. Sal verseker nie van hom of die firma waar hy werk se dienste gebruik maak nie. Geen empatie gewys teenoor sy familie hond nie, waarskynlik nie terwyl die hond gelewe het nie en ook nie na sy dood nie.

Alida ·

Ai mense die feit dat hy by die Prokureurs werk beteken nie hy is n prokureur nie. Hy kan n bode ook wees. Wag tot julle die volle verhaal het. Gaan weer op hol soos altyd.

Kaptein ·

“Adam Anderson, head of litigation at Bowman Gilfillan, one of the largest Sandton-based law firms”
Ai, die mense darem.

humor ·

Ai dat skynbaar opgevoede mense ons so kan teleurstel, So iets verwag jy van mense sonder opvoeding.

Sean ·

Maak die DBV sake teen die veediewe wat gevang word wat n bees se boud lewendig afsny en los vir dood Seker nie

Anti DBV ·

Ek stem 100% saam. Dis waarom ek nie die DBV geldelik ondersteun nie. Hulle is altyd opsoek na sensasie. Die welfaart van diere kom altyd tweede by die DBV na hulle geld koffers. Kyk na die Weermag perde, Beeste wat lewendig opgesny word. Dan is die DBV blind want die verkeerde mense kan mos nie vervolg word nie.

Koos ·

Raak net rustig. Hierdie saak het niks met die DBV te make nie. Die man is hoogstens skuldig aan oortreding van ‘n munisipale ordonnansie. Kla hom daarvan aan en beweeg na die volgende saak toe.

Oom Kalahari ·

Dit wat die man gedoen het is verkeerdelike optrede en swak hantering van diere, maar wat doen die DBV oor die diere mishandelinge en hul toestand in nedersetting gebiede. Ek sal glo my verwysing gaan weer paar spiere laat swel en are uitstoot met verwysing, maar dit is feite en kan gerus nagegaan word. Het onlangs by so plakkerskamp verby gery waar so hond gele het vol vlieee gepak en al vier pote is afgesny. Wel kruisig my nou maar ek het plaaslike polisie kantoor verwittig en was ingelig hul kan niks doen nie en moet DBV kontak en daar veryel die persoon dat ek al my inligting moet deurgee vir betaling tot verwydering van karkas. Wel ek het geweier en foon afgeskakel.

Anti DBV ·

Oom Kalahari. Dis waarom ek ook anti DBV is. Daar is nie een stel reel vir almal nie. Ek het persoonlik ook ‘n soortgelyke ondervinding gehad. En ja ek is een van die grootste diere liefheders in SA maar vertrou nie die DBV met van hulle optreedes nie. Gewoonlik is meeste van hulle optreedes finansieel ge-oorienteerd en nie tot ons diere se welstand nie.

Attie ·

Die beste prokureurs is die wat genadeloos is en nie bang is om hul hande vuil te kry nie

Anoniem ·

Toe ons nog kinders was en een van ons honde het gevrek het ons die hond in die tuin begrawe. Dit het ons ook met die kokketiel gedoen wat nou die dag gevrek het. Dit is seker maar ‘n kwessie of ‘n mens respek het vir ‘n dier aldannie.

Johan ·

Ek het een keer iets gelees en kan nie die presiese woorde onthou nie. Die strekking was egter iets in die koers van: Mens meet die integriteit van ‘n man aan sy optrede teenoor ‘n hond. Kan dit seker maak die integriteit van ‘n mens oor die algemeen.

Ja, die DBV glo ek is nie “onskuldig” nie, maar ………………………. mens maak nie so nie. Meeste DBV’s sou die karkas aanvaar het. Hierdie man moet die gevolge dra. Stel voor hy doen gemeenskapdiens vir sekere hoeveelheid ure by ‘n DBV (en gee dan sommer insette ook daar vir die DBV).

BB ·

Oom Kalahari en ander, wat julle blykbaar nie weet nie ( en wat bekend behoort te wees) is dat die DBV-takke en ander dierebeskermingsorganisasies regdeur die land finansieel worstel om al hulle verpligtinge uit te voer. Dit het onder andere tot gevolg dat daar onvoldoende personeel is om orals aandag te kan gee, dit sluit regsaksies in. Persone wat daar werksaam is, ontvang ook meestal karige salarisse en werk meesta uit liefde vir die saak. Gaan besoek gerus enige van die baie DBV en ander diere-organisasies sodat jy op hoogte kan kom en dalk nog kan help eerder as om te kritiseer.

Oom Kalahari ·

@BB, niemand kritiseer nie, maar wat dink jy gaan gebeur as ek die nedersettings hond in ‘n sak plaas met sy afgesnyde pote en na DBV gaan, nie eers gepraat van moontlike siektes nie. Dalk stop die polisie my intussen en kry daai reuk en ek het probleme asook by DBV gaan daar vrae wees en gaan myself nie blootstel aan probleme nie en daarom wou ek dit rapporteer vir die nodige aandag, maar sonder sukses.
Laat ek u inlig dat ons wel elke maand onder die kinders en ons self alle papiere en koerante in grootmaat aan DBV gaan gee asook ‘n jare lange bydrae doen aan die Husky vereniging. Die DBV was altyd ‘n vooruitstrewende organisasie wat deur die ou bedeling finansieel ondersteun is en gaan my nie laat skuldig voel as daardie bystand verswak is en voor my en andere se deur gele word nie terwyl die regering allerhande partytjies (celebrations) geniet en hulself verryk nie. Dan moet die regstelsel maar intree of burger organisasies in die verband.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.