Stappe kom teen ANC-man wat nie pos wil ontruim

Andile Lungisa. Foto: ANA.

Die ANC in die Oos-Kaap het Dinsdag gesê hy gaan stappe doen teen Andile Lungisa, raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro, wat eenvoudig weier om sy pos as burgemeesterskomiteelid te ontruim.

Lulama Ngcukayitobi, provinsiale sekretaris van die ANC, het gesê Lungisa is opdrag gegee om uit te tree uit sy posisie in die burgemeesterskomitee ná ʼn besluit van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) dat hy nie ʼn uitvoerende pos kan beklee nie nadat hy aan aanranding skuldig bevind is.

Lungisa is in die Port Elizabeth-landdroshof skuldig bevind nadat hy Rayno Kayser, DA-raadslid, met ʼn glasbeker oor die kop geslaan het. Hy is tot twee jaar tronkstraf gevonnis, maar het in die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) teen die vonnis appelleer.

Lungisa het verder aangedui dat hy ook teen die NUK se besluit om hom van die burgemeesterskomitee te verwyder gaan appelleer. Ngcukayitobi het egter gesê hy is nie bewus van die NUK-appèl nie en het bygevoeg die proses om Lungisa te verwyder word geïmplementeer.

Volgens hom gaan die provinsiale werkkomitee nou optree en die NUK se besluit implementeer. Dit is volgens hom ook duidelik aan Lungisa gestel dat hy nie op ʼn munisipale uitvoerende struktuur kan dien as hy ʼn hofuitspraak teen hom het nie.

Lungisa kan volgens Ngcukayitobi aanbly as ʼn gewone ANC-raadslid tot en met die hof se uitspraak oor sy appèl.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DA BO ·

So eintlik het die ANC nie eers beheer oor hulle eie raadslede nie. Hulle maak en breek soos hulle wil en niks gaan en kan gebeur nie. Dis om naar van te word

koos1 ·

Sy salaris moes al lankal gestop gewees het.
Geen mens werk verniet nie.
ANC, julle het moes “sekuriteit dienste”? Ek het hulle op TV gesien toe die DA verwyder is uit die raadsaal. Gebruik hulle om hom uit te gooi. OF is julle soos gewoonlik bang om teen julle eie lede op te tree?

Johann ·

En so wiks die ANC se eie lat hom op die gat! Hy doen bloot wat sy mede vergrypers en despote doen. NET WAT HY WIO want deel van ANC wees is jou eie wil en wetens BO reels, regulasies, wette. ONAANTASBAAR.

ES ·

Hou net eenvoudig op om sy salaris te betaal, dan sal hy vinig belangstelling in sy pos verloor.

IK ·

In Fanagalo beteken ‘Lungisa’ om ‘reg te maak’. So gee hom kans . . .

Gemaskerde Sopbeen ·

En die hele SA dink as die A&C in 2019 die verkiesing verloor, hulle die wenners gaan gelukwens en die sleutels oorhandig??? Dream on….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.