Nog twee mense word geïmpliseer in die herrie oor ʼn foto wat by die Laerskool Schweizer-Reneke geneem is, sê Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys.
“In ʼn voorlopige verslag word [nog] twee mense geïmpliseer teen wie ons gaan optree,” het Lehari aan verslaggewers gesê ná ʼn ellelange vergadering met ouers en ander belanghebbendes, berig African News Agency.
Hy sê dié mense se identiteit sal Donderdag op ʼn mediakonferensie in Mahikeng, die provinsiale hoofstad, bekendgemaak word.
Die skool boer in die nuus vandat ʼn ouer ʼn foto in die sosiale media gedeel het waarop gesien kan word hoe vier swart kinders apart van 18 wit kinders in ʼn gr. R-klas by die skool sit.
Lehari het intussen gesê Elana Barkhuizen, die onderwyseres wat die foto geneem het, is deur die beheerliggaam en nie deur die onderwysdepartement geskors nie omdat sy in eersgenoemde se diens is. Hy voer aan die onderwysdepartement het net die beheerliggaam in hul besluit gesteun en die aankondiging gedoen.
Lehari het ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders Donderdag skool toe te bring.
Stephina Semaswe, superintendent-generaal van die departement, sê berading is vir die kinders gereël wat deur die gebeure by die skool geraak word. Een ouer het gekla sy sewejarige seun is getraumatiseer nadat hy verlede week gesien het hoe mense oor ʼn heining by die skool spring.
“Hy het gedink [die berugte bende] SVK val die skool aan,” het die ouer gesê, maar Noordwes se polisie het intussen gesê die bende is uitgeroei en hul leiers in hegtenis geneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
48 Kommentare
Hierdie aangeleentheid en die manier hoe dit hanteer en gedryf word, gaan in ‘n maak of breek situasie vir die res van die land opeindig, als stuur daarop af.
Die handskoene is af.
Ons wag in spanning. Seker die tandmuis en die paashaas. Eish
Volgens Me Barkhuizen het die onderwys departement haar geskors. Lehari, lyk my jy is nogals bang vir Solidariteit nou back-paddle jy, hmm?
Mampara of note!!!! Verkiesingfoefie. Nie net ANC nie. Die twee ander ook skuldig. Cheap political point scoring.
Al wat ek wil weet, wanneer begin Sol en sy regspan met siviele en laster eise teen al die skuldiges, insluitend die skool se beheer liggaam, die persoon wat die foto’s gedeel het op SM , die LUR en die DA en ander politieke partye wat hulle skuldig gemaak het aan die ontslag en verguising van die juffrou. Tyd om op te hou die ander wang te draai en vir ‘n slag rug styf te maak en se, genoeg is genoeg. So kan dit nie aangaan nie.