Stappe kom teen studente ná UJ-ouditorium afbrand

Die Universiteit van Johannesburg se 1 000-sitplek-ouditorium wat op 16 Mei 2016 aan die brand gesteek is. Foto: Facebook

Die Universiteit van Johannesburg se 1 000-sitplek-ouditorium wat op 16 Mei 2016 aan die brand gesteek is. Foto: Facebook

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) sal voortgaan met dissiplinêre stappe teen ʼn groep studente wat na bewering die universiteit se ouditorium op die Aucklandpark-kampus in Mei aan die brand gesteek het.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer R100 miljoen skade is aangerig nadat die 1 000-sitplek-ouditorium op 16 Mei in die vroeë oggendure aan die brand gesteek is. Rekenaarlaboratoriums, waarin toerusting was om beroepsleiding aan studente en voornemende studente te gee, is ook in die brand verwoes.

Die universiteit het Vrydag in ʼn verklaring gesê hy het saam met lede van die polisie, die Valke en forensiese ondersoekbeamptes gewerk om die skuldiges te identifiseer wat vir die brand verantwoordelik was.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“In die lig van die uiters ernstige aard van hierdie voorval, voel die universiteit dit nie gepas om dissiplinêre stappe uit te stel tot die strafregtelike proses afgehandel is nie. Dit is ook nie in die belang van die universiteit en sy belanghebbendes om hierdie studente toe te laat om verder op die kampus te bly totdat die strafregtelike proses teen hulle begin nie,” lui die verklaring.

Die UJ het gesê hy is bewus van sy verantwoordelikheid om nie die staat se saak te benadeel nie en sal daarom nie verdere besonderhede bekendmaak van die bewyse wat hy in sy besit het nie.

“Die UJ is ’n plek vir navorsing, innovering, onderwys en leer en moet altyd ʼn plek vir openlike debat wees. Die UJ sal dus die nodige stappe doen om die veiligheid van studente, personeel en die geboue wat die omgewing skep waarin ons moet studeer, leer en werk, te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa B ·

Hulle moan elke liewe dag oor geld maar kyk wat doen hulle. Hoe dom kan ‘n mens wees – dan wil hulle studeer. Hoe dink hulle gaan daardie ouditorium herstel word. Gaan iemand ‘n towerstaffie swaai…?? REGTIG!!

snoefie ·

hoekom moes dit eers tot groot verlies my voordat daar opgetree word? as mense/ kinders/ students nie tevrede is met die prys/ taal/salaries nie, kan hulle elders hulle behoeftes gaan bevredig. die kultuurvan verwoesting is krimineel en moet sommer in die kiem gesmoor word. baksteen huise, lopende water, tersiere opleiding, diamant ringe en swart BMW’s is luukses. dis duur. of jy kan dit bekostig of jy bind n alternatief.

Annoniem ·

As ek by my werk sulke skade aanrig word ek summier afgedank! By die Hoërskool waar my seuns is teken jy dat jy sal vergoed vir enige skade wat jy aanrig. Vir sulke skade glo ek hulle sal geskors word. Skors hulle.

Waarheid ·

Skuldiges MOET betaal en hulle misdaadrekord moet lees GEEN TOEGANG tot enige opleidings instansie IN RSA. en deporteer na geboorteland.

Johan ·

Name en shame hulle…..hulle behoort aan n seker party….sluit hulle toe…..verhoed hulle om enigsins weer aan enige universiteit te studeer. ..

hans ·

Benewens kriminele klagtes moet siviele skadevergoedingseise ook teen die betrokkenes ingestel word.

DMC de Koker ·

Ek stem! As hulle niks het nie moet hulle maar vir die res van hulle lewe op artikel 65 stappe ook in die hof gaan staan.

Christelle ·

Ek stem 100% saam. Kriminele stappe is nie genoeg nie. UJ se versekeringsmaatskappy moet hulle siviel laat opdok. Artikel 65 all the way!

Lida ·

DAGVAAR DIE OUERS OOK WANT DIT IS WAAR HULLE DIE KULTUUR VAN VERWOESTING GELEER HET.

Boela ·

Lida, ek stem. Maar dan moet die ANC en die ander sogenaamde ‘bevrydingsbewegings’ (lees: terroriste) ook gedagvaar word, want dit is by hulle waar die belhamel-studente se ouers weer die kultuur van verwoesting geleer het.

Emile ·

Gaan my verstand te bowe dat ‘n instansie soos Stellenbosch Universiteit nog sover gaan om sulke vandale om verskoning te vra oor ‘n hofinterdik teen hulle agv saakbeskadiging en vandalisme. Maar Boeta, as jy as blanke student jou grondwetlike reg tot spraakvryheid gebruik en jou opinie daaroor lug word jy, sterk ondersteun en geiintimideer deur hierdie selfde vandale, deur die Universiteitsowerhede gedemoniseer en verguis.

magdalena ·

Ek sou nooit eers kon daaraan dink om sulke dade te pleeg nie, want eerstens sou ek die PAKslae VAN my lewe by my ouers gekry het om dan nie eers verder te dink aan wat kon volg met die gereg nie !!!!!

Lance ·

Vanoggend vra hulle vir donasies op 702 om dit te herstel ….kry nie een rooi sent van my af nie ….goeie jimmel wat dink die mense dan ! Wat n vermeetelheid ….hulle kan maar die funksies nou op die grasperke hou …wat jy saai sal jy maai so kry vir julle en maak bq self reg wat julle gebreek het . .die koei gee al poeiermelk !

Emile ·

Gaan my verstand te bowe dat ‘n instansie soos Stellenbosch Universiteit nog sover gaan om sulke vandale om verskoning te vra oor ‘n hofinterdik teen hulle agv saakbeskadiging en vandalisme. Maar Boeta, as jy as blanke student jou grondwetlike reg tot spraakvryheid gebruik en jou opinie daaroor lug word jy, sterk ondersteun en geiintimideer deur hierdieselfde vandale, deur die Universiteitsowerhede gedemoniseer en verguis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.