Stappe om dwelmprobleme in Tshwane-metro te pak

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Die VF Plus doen met die metro se plaaslike dwelmadvieskomitee besliste stappe om dwelmprobleme in die Tshwane-metro aan te pak.

Die VF Plus se burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Rina Marx, het dié inisiatief saam met die burgemeester, Randall Williams, van stapel gestuur om die groot probleem van dwelmmisbruik, veral onder die jeug, volhoubaar en effektief aan te pak.

“Dwelmmisbruik het ʼn geweldige negatiewe impak op die gemeenskap en lei dikwels tot gesinsgeweld, algemene geweld, bende-aktiwiteite, diefstal en ander misdrywe,” sê Marx.

Die komitee bestaan uit 22 lede vanuit verskillende sfere van die gemeenskap om die kwessie holisties aan te pak. Dit sluit in onder andere lede in vanuit die gebiede van wetstoepassing, gesondheid, burgerlike groepe en die regering.

“Die metro se koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, het die misbruik van dwelms en ander middele as prioriteit verklaar. Derhalwe is daar in hierdie finansiële jaar R31,7 miljoen beskikbaar gestel om anti-dwelm- en verslawingsprogramme te finansier.”

Die metro het ook met die Universiteit van Pretoria (UP) ʼn vennootskap aangegaan om saam die hoofprogram van die inisiatief, naamlik die Gemeenskapsgefokusde Dwelmgebruik-program, te bestuur.

“Die doel van die program is om mense wat afhanklik is van dwelms, te rehabiliteer en te voorkom dat dwelmafhanklikheid in die eerste plek in gemeenskappe ontstaan. Die metro het ook ʼn 24-uur tolvrye nommer daargestel met die naam Hopeline om persone met dwelmprobleme by te staan. Die nommer is 0800 611 197 of 0800 467 347.”

Die plaaslike dwelmaksiekomitee sal alle aksies rakende dwelmprobleme en -misbruik koördineer.

Marx sê die VF Plus wys met hierdie inisiatief dat hy passievol is om die verskeie gemeenskappe in die Tshwane-metro se probleme daadwerklik op ʼn gefokusde en menslike wyse aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

Om jongmense te probeer rehabiliteer is wonderlik en bitter nodig, MAAR die grootste probleem is om die OORSAAK ook te benader in alle erns en dis om dwelms en Nigeriërs te bekamp.

Fanna ·

Dwelms word openlik in die strate verkoop. Dagga en ook ander wat in pakkies vertoon word.

Nico ·

Die swak beheer by die grens poste en by die lughawens is kommerwekkend.

Miena ·

Goeie inisiatief. MAAR – niemand kan iemand help as iemand nie self gehelp wil word nie. Sterkte vir julle projek. Ek hoop dit maak n impak – al is dit hoe gering.

Swerwer ·

Jy kan ‘n perd tot by die water bring maar jy kan hom nie maak drink nie.

Hendrik ·

Rayton is ‘n dwelmnes en die polisie weet dit en doen absoluut niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.