Stappe om Klapperkop te beveilig

'n Gat  wat op 'n vorige geleentheid in die heining gekry is.

‘n Opening  wat op ‘n vorige geleentheid in die heining gekry is.

Die inwonersvereniging, Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat, het Woensdag stappe aangekondig om die reservaat te beveilig.

Volgens Robrecht Tryhou, ʼn verteenwoordiger van die inwonersvereniging, was daar agt aanvalle in die afgelope drie weke.

Maroela Media het Maandag berig oor twee vrouedrawwers wat Vrydag omstreeks 18:30 by uitkykpunt 5 met ʼn mes gedreig en beroof is.

Dié aanval het gevolg nadat lede van die gemeenskap, verteenwoordigers van die Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat, die wyk se DA-raadslid en beamptes van die Hi-Risk Unit-veiligheidsmaatskappy ʼn “skoonmaakoperasie” in die reservaat gehou het.

Volgens Tryhou is twee groot openinge in die heining gevind. “Misdadigers maak gereeld die gate om aanvalle in die reservaat en by huise in die omgewing uit te voer en kabels te steel.”

Tryhou sê Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat het die afgelope week dringende vergaderings gehou saam met die betrokke gemeenskapsleiers en stadsraadverteenwoordigers om maatreëls te bespreek wat hulle gaan implementeer in ʼn poging om Klapperkop beter te beveilig.

Die stadsraad se natuurbewaringsdepartment sal die mannekrag verskaf vir patrollies en toegangsbeheer. Die department sal ook daagliks die heinings van die reservaat nagaan. Sodra fondse van die stadsraad beskikbaar is, sal aandag geskenk word aan die versterking van die heinings en beter beligting naby die Fonteine-sirkel.

Die Vriende van die Groenkloof-natuurreservaat-groep sal R60 000 verskaf wat nodig is vir die installasie van hekke en toegangsbeheer by die twee hekke, sowel as die tekens en borde.

Daar sal aandag geskenk word aan die samewerking en effektiwiteit van die department, metropolisie en plaaslike veiligheidsmaatskappye soos die Hi-Risk Unit-veiligheidsmaatskappy.

Tryhou het die publiek gevra om hul inisiatiewe te ondersteun en genoem die hele gebied moet op die langtermyn opgegradeer word. “As almal saamwerk kan hierdie een van die grootste bates van ons stad wees,” het Tryhou gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria Van Dieweeck ·

Dis goed< staan saam en veg saam = neem terug, dis JULLE plek.

Maria Van Dieweeck ·

Gebruik ook sommer baie woefies, daar! Baie effektief! Mag ounooi se wolfie daar kom rondloop, of nie?

Ons moet ook begin om groot Afrikaanse pret dae in sulke plekke te hou! Wens ek kon so iets reel, maar gee nie om, om te reis en by te woon nie.

E.K. ·

Mooi so! Ons betaal belasting dis ons REG om sulke plekke te kan geniet. Saamstaan is die regte woord! Dankie vir die ouens se inisiatief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.