Stappe teen departement ná Baba Juan glo in hospitaal brand

Juan Venter se brandwonde het mooi herstel. Foto: Verskaf

Juan Venter se brandwonde het mooi herstel. Foto: Verskaf

Die ouers van Juan Venter is besig om regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid te doen nadat hul pasgebore babaseuntjie glo met ʼn warmkombers in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston gebrand het.

“Ons het prokureurs aangestel en is besig om die departement te dagvaar,” het Juan se ma, Mariaan Pienaar, Maandag aan Maroela Media gesê.

Sy het gesê die saak kan tussen ses maande en vyf jaar duur, maar hulle is gereed vir enigiets om seker te maak geregtigheid geskied vir die pyn en lyding waardeur Juan, nou vyf maande oud, gegaan het.

Pienaar het gesê dit gaan deesdae baie goed met Juan en die wonde aan sy hand, knieë en tone het mooi herstel. “Een van die naeltjies op sy tone groei nie, maar verder het al die ander wonde mooi herstel.”

Sy het gesê Juan se knieë het nog steeds letsels en hulle sal slegs met tyd uitvind of hy enige permanente skade opgedoen het.

Maroela Media het vroeër berig Pienaar het op 18 Junie aan haar en haar verloofde, Riaan Venter, se eersteling geboorte geskenk. Die paartjie bly in Boksburg. Juan was twee dae oud toe hy die brandwonde opgedoen het toe hy glo met ʼn silwer elektriese kombers in die hospitaal gebrand is. Sy wonde het na twee weke swart geword en ma en baba is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas.

Pienaar het daarna ʼn privaat dokter genader wat onderneem het om Juan gratis te behandel. Hulle is uiteindelik albei op 10 Julie uit die hospitaal ontslaan. Die dokter het versoek om anoniem te bly. Sy het aan die paartjie bevestig dat Juan brandwonde opgedoen het.

Lees vorige berigte oor Baba Juan hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eish!

Snaaks waaraan ek nou gedink het………..Die ouers het nie geld om ‘n privaat dokter te betaal nie, maar wel geld om ‘n prokureur te betaal. Snaaks ? Tog stem ek dat agterlosigheid te maklik toegesmeer word. Vir my klink dit na mense wat weereens geld wil maak uit ander se foute.

Anti-azania

Eish moet miskien meer water bygooi, ek het ook nie geld om ‘n private dokter te betaal nie want mediese fondse is werklik net vir die rykes (soos Eish blykbaar) maar ek het ‘n goedkoop polis wat gratis regshulp insluit.

Gaan dus maar staatshospitaal toe en hoop vir die beste, ons betaal hulle in elk geval ook, maar darem minder as vir die snobistiese fondse.

Amelia

Eish – wees dalk maar net dankbaar dat jy nog nooit is so situasie was nie, sonder om te oordeel waardeur ander gaan. Dankie vir die ondersteuning aan die res – ons as gesin waardeer dit opreg!

Ouma

Eish, kom ek vertel vir jou uit my oogpunt. Ek hoop van harte so iets gebeur nooit met iemand naby aan jou nie. Hierdie is en was nog NOOIT vir enige van ons oor die geld nie. Inteendeel. Hierdie prokureur doen dit ook nie vir ons op die grondslag van geen wen geen fooi. Sê vir my. Het jy ooit regtig na daardie merkies op Juan se kniegies gekyk. Het jy enige idee hoe diep daardie brand wonde was. Het jy enige idee van hoe seer hy moes gehad het. En nie een van die staf by daardie hospitaal het… Lees meer »

Daan

Vir my klink eish na iemand wat altyd iets wil se sonder dat hy weet wat al die veite is nie. En asb moet eerder nie dink nie want dink is blykbaar nie een van jou sterk punte nie. Jy dink net aan geld, die res van ons dink an die pyn wat die kind en sy ouers deer moes gan en dan nog al die behandeling wat nog moet volg vir die kind om te herstel. Ek dink an julle en hoop dat juan ten volle sal herstel