Stappe teen gewapende ANC-lid

Bekkersdal Foto: Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Bekkersdal Foto: Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Die ANC se hy gaan dissiplinêr optree teen die gewapende staatsamptenaar wat met ANC-klere tydens die onluste in Bekkersdal afgeneem is.

Nkenke Kekana, woordvoerder van die ANC in Gauteng, sê daar sal dissiplinêre stappe teen Nelson Mdayi geneem word aangesien hy die party in oneer gebring het. “Sy aksies het die ANC se integriteit en openbare beeld ondermyn. Die ANC keur nie die gebruik van vuurwapens gedurende verkiesingsaktiwiteite goed nie aangesien dit slegs ten doel kan hê om te intimideer of onnodiglik spanning te verhoog.” Die party se integriteitskomitee sal intussen ook die saak ondersoek. Kekana het ʼn beroep op die polisie gedoen om vas te stel of Mdayi ʼn lisensie vir die vuurwapen het. City Press berig intussen dat Mdayi ʼn werknemer by die Westonaria-munisipaliteit is.

Die foto is verlede week geneem toe ʼn afvaardiging van die ANC Donderdag Bekkersdal besoek het as deel van die party se verkiesingsveldtog. Die afvaardiging is met klippe bestook en uit die gebied verjaag. The Star het Vrydag berig dat “lyfwagte” van die ANC met lewendige ammunisie op inwoners geskiet het. Die polisie het ook ingegryp en met rubberkoeëls op inwoners losgebrand. Mabgwa Xaba, woordvoerder van die ANC se Gauteng-koukus, sê die ANC-afvaardiging het nie lyfwagte gehad nie maar dat die BBP-beskermingseenheid van die polisie hulle vergesel het.

Lees ook:
Gewapende “ANC-lid” glo staatsbeampte
ANC soek antwoorde oor gewapende man in foto
SAPD swyg oor Bekkersdal-voorval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.