Stappe volg oor ontsmetting van Gautengse skole

‘n Skool word ontsmet. (Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die Gautengse departement van onderwys het Woensdag drie senior bestuurders aangekla op aanbeveling van ʼn verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) in verband met fondse wat gebruik is vir die ontsmetting en skoonmaak van skole in Gauteng.

“Die hoof van die verskaffingsketting, hoofdirekteur van infrastruktuurontwikkeling en waarnemende direkteur vir hulpdienste is aangekla kragtens die bevindings in die verslag,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê. “Die ondersoek duur voort en aanklagte teen ander persone kan nie uitgesluit word nie.”

Mabona sê die departement is van voornemens om seker te maak dat die proses deur ʼn onafhanklike liggaam, buite die departement, gefasiliteer word. Die kantoor van die staatsaanklaer is gevolglik genader en ʼn ervare advokaat is aangestel.

Die verhore begin vanaf 5 Oktober 2021.

“Ons is dankbaar vir die werk wat die SOE tot dusver gedoen het. Ons bly verbind tot samewerking met die SOE.”

Mabona sê die departement wil nie die uitslag van die dissiplinêre verhoor vooruit loop nie, maar dit is belangrik om te noem dat die beamptes wat die uitgawes veroorsaak het, nie ongestraf gelaat kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

RB ·

Geen verrassing! Daar sal ook dadels kom van enige sinvolle optrede teen die skuldiges want almal van hulle het ‘n hand in die koekieblik.

Dit is ook waarom CR nie kan optree teen sy korrupte maters.

Nie Verbaas ·

En wat van die geld? Nie dat daar iets oor gaan wees nie. Lankal op Mercedes of Porsche Cayenne gespandeer en dalk n mansion. Pappa is mos nou n belangrike man.

Hasie ·

Whats new? Waar daar staatsdepartemente is ,is daar korupsie.Punt

Jacobus ·

Daar glip Lesufi en sy kornuite wees deur die net. Om van siek te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.