Stapper (61) op Leeukop gered

Die stapper is Sondagoggend per helikopter na die hospitaal geneem (Foto: Verskaf)

ʼn 61-jarige stapper is Sondag per helikopter gered nadat hy op Leeukop in Kaapstad weens hitte-uitputting ineengesak het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is paramedici net voor 11:00 na die toneel ontbied.

“Paramedici het die man op die berg aangetref. Hy was in ʼn ernstige toestand,” bevestig Vermaak.

“Daar word vermoed dat die man hitte-uitputting opgedoen het en stuiptrekkings begin kry het.”

Skymed se noodhelikopter is na die toneel ontbied om die man hospitaal toe te neem.

“ER24 vra dat enigiemand wat aan buite-aktiwiteite deelneem genoeg water drink en gereeld rus. Hou ook ʼn oog op weerwaarskuwings en erge warm temperature. Vermy eerder strawwe oefening op warm dae.”

Rekord hoë temperature is vroeër die week na afloop van ’n hittegolf in die Wes-Kaap aangeteken. Temperature van tussen 45,2 °C en 45,9 °C is aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.