Stapper deur pofadder gepik

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Vrou is met ʼn helikopter na ʼn spesialisfasiliteit geneem ná sy op Oukersdag in New Hanover in die KwaZulu-Natalse Middelland deur ʼn pofadder gepik is.

ʼn Egpaar het in die woudgebied in New Hanover gaan stap toe die vrou gepik, is, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Die man het paramedici Dinsdagmiddag omstreeks 13:35 op sy selfoon ontbied. ʼn Plaaslike maatskappy het by die toneel opgedaag en het met behandeling begin toe die vrou tekens van sitotoksiese vergiftiging begin toon het.”

Herbst het gesê die pasiënt is veilig in ʼn bakkie gelaai sodat hulle ʼn paramedikus van Netcare 911 op pad kon ontmoet. “ʼn Noodsorgpraktisyn het die pasiënt op die toneel geassesseer wat dadelik met gevorderde lewensondersteuning begin het. Weens die aard van die vrou se toestand is die Netcare 911-helikopter egter ontbied en die vrou is na ʼn spesialisfasiliteit geneem.”

Die vrou is in ʼn stabiele toestand by die fasiliteit opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.