Stapper gered ná aand op Tafelberg

Die stapper het Woensdagaand op Tafelberg vermis geraak (Foto: Air Mercy Service (AMS), Facebook)

ʼn Stapper is Donderdagoggend gered nadat hy die vorige aand op Tafelberg vermis geraak het.

Volgens Vanessa Horn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid se AMS-noodhelikopterdiens, is hulle Woensdagaand deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid van die vermiste stapper ingelig.

ʼn Reddingspan, onder wie lede van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) en plaaslike nooddienste, het deur die nag na die stapper gesoek.

Die reddingspan (Foto: Air Mercy Service (AMS). Facebook)

“Donderdag met sonsopkoms is een van die AMS-helikopters in die lug opgestuur om te help soek,” bevestig Horn.

“Die soektog in die lug is in uitdagende weerstoestande uitgevoer, maar ten spyte van die sterk wind en wolke bo-op die berg, het die vlieënier die stapper op die berg opgemerk.”

Redders is van die helikopter na die berg afgesak om die stapper te red. Hy is met die helikopter van die berg afgebring en is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Is mense in hierdie gevaarlike tye steeds so onverantwoordelik om alleen sulke staptog te onderneem. Miskien moet boetes ingestel word want ander mense moet hul lewens op die spel plaas en dit kos baie.

SomeOne

dankie aan die ams span, dankie