ʼn 75-jarige man is Saterdag in die Drakensberg beseer nadat hy teen ʼn skuinste gegly en tussen 15 m en 30 m ver geval het.
“Die man het op ʼn voetpad gestap toe hy gegly en geval het,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, in ʼn verklaring gesê. “Hy was beseer en kon nie verder stap nie.”
Lede van die man se stapgroep het die nooddienste ontbied.
“Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem,” het Mckenzie gesê.