Stapper in Drakensberg beseer

Die Amfiteater in die Drakensberg (Oktober 2006) Foto: Rudolph Botha via Wikimedia Commons

Die Amfiteater in die Drakensberg (Oktober 2006) Foto: Rudolph Botha via Wikimedia Commons

ʼn 75-jarige man is Saterdag in die Drakensberg beseer nadat hy teen ʼn skuinste gegly en tussen 15 m en 30 m ver geval het.

“Die man het op ʼn voetpad gestap toe hy gegly en geval het,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, in ʼn verklaring gesê. “Hy was beseer en kon nie verder stap nie.”

Lede van die man se stapgroep het die nooddienste ontbied.

“Hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem,” het Mckenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.