Stapper op Tafelberg gered

Die Gewelberge (Twaalf Apostels) naby Kampsbaai in Kaapstad soos gesien vanaf Leeukop Foto: Warrickball via Wikimedia Commons

Die Gewelberge (Twaalf Apostels) naby Kampsbaai in Kaapstad soos gesien vanaf Leeukop Foto: Warrickball via Wikimedia Commons

ʼn Stapper wat Donderdag ongeveer 10 meter ver geval het in die Gewelberge (Twaalf Apostels)-gebied naby Kampsbaai in Kaapstad, is in ʼn kritieke toestand.

“Die 32-jarige man het in ʼn steil, klipperige gebied geval,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Die Skymed-helikopter is ontbied en reddingsbeamptes en paramedici is na die toneel geneem om die man te stabiliseer en die man van die berg af te red.”

Die man het kritieke beserings opgedoen.

Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.