ʼn Persoon is Vrydagaand dood toe hy by Leeukop in Kaapstad geval het.
“Paramedici en reddingspanne van Metro Rescue is omstreeks 19:00 na die toneel ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die persoon se liggaam is Saterdag in die vroeë oggendure gevind. Hy is ongelukkig dood voor paramedici by die toneel opgedaag het.”
Leeukop is ʼn baie gewilde staproete en word daagliks deur talle stappers en drawwers aangepak.
Was die persoon alleen? Mens doen nie so iets op jou eie nie. As daar ander was kon hulle hom betyds bereik en gered het.
Nee hy was nie aleen nie. Dit was n groep mense.
Te veel mense sterf daar. Ek woon daar naby en het vriende in die bergreddingsklub. Minder jong mense het deesdae ‘n goeie begrip van stap in die natuur en kan nie oordeelkundig optree nie. Ek staan soms verstom as ek sien wat mense doen. Ek stap en klim in Wes-Kaapse en Mpumalanga se berge vir meer as veertig jaar en merk die gebrekkige ervaring maklik op.
Te veel mense is onbewus van werklike risiko’s. Die stappery moet beheer word.
Meer mense sterf jaarliks op tafelberg as op Mount Everesr google maar die nommers
Op everest is jy duisende meters van hulp op tafelberg sien jy die stad se ligte en jy sterf ook
Op ever
Lyk my dis gevaarlik om op leeukop te stap want hoeveel stappers het al daar geval. Daar moet baie los klippe wees.