Stapper teen plaasaanvalle sal memorandum aan Zuma oorhandig

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Die 37-jarige Duncan Nyawo, ʼn studente-onderwyser van Mpumalanga wat van Nelspruit tot by die Uniegebou in Pretoria stap in protes teen plaasaanvalle en die moord op polisielede, sal na verwagting Donderdag in Pretoria aankom.

Nyawo, wat by Ngodini Secondary School in Kabokweni werk, het gesê hy het die staptog aangepak omdat hy ʼn trotse Suid-Afrikaner is wat kan “sien ons land is besig om in vlamme op te gaan”. Hy het Maandag uit Nelspruit langs die N4-deurpad vertrek.

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het intussen van Nyawo se planne te hore gekom en hom gekontak om hul hulp aan te bied. Die organisasie het vir Nyawo ’n rugsak geborg, veiligheid gereël om hom tydens die staptog te beskerm en finansieel ingestaan vir sy afvaardiging se verblyf gedurende die staptog. ’n Afvaardiging van AfriForum Jeug het Nyawo ook op die staptog vergesel.

Nyawo sal Vrydag saam met verteenwoordigers van AfriForum ʼn memorandum, waarin onder meer die prioritisering van plaasmoorde versoek word, aan ’n verteenwoordiger van pres. Jacob Zuma by die Uniegebou oorhandig.

Lees hier meer oor die rede agter Duncan se staptog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asjas ·

Hier is nou ‘n mooi voorbeeld van wat bereik kan word en bewusmaking sonder dat een enkele klip opgetel is of iemand seer gekry het nie.
Welgedaan!

SNEL ·

Wat n wonderlike daad. Ek stem Abigail, so iets maak jou weer trots op jou land en sy mense. Dit gee mens weer hoop dat dinge kan beter word.

ig ·

Mooi gebaar van hom.Net jammer zuma gaan die memorandum vir toiletpapier gebruik

Riaan Slabbert ·

Ig…dis sooooo hartseer om te weet dat jy heeltemal reg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.