Stapper verdrink toe hy glo van rots gly

Duikers en reddingswerkers van die nooddienste is na die toneel ontbied. (Foto: Tshwane-nooddienste)

Die liggaam van ʼn man, vermoedelik in sy 20’s, is Donderdag uit ʼn stroom by Nkwe Permaculture in die ooste van Pretoria gehaal nadat hy vermoedelik van ʼn rots afgegly en verdrink het.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die slagoffer Donderdag saam met ʼn vriend gaan stap toe hy omstreeks 12:30 in die water beland het.

Duikers en reddingswerkers van die nooddienste is na die toneel ontbied. Hulle het die man se liggaam onder die water aangetref en na die oppervlak gebring, het Mabaso gesê.

“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Die polisie is op die toneel vir verdere ondersoek.”

Die nooddienste het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om altyd waaksaam oor hul eie veiligheid en dié van ander te wees wanneer hulle ontspanningsfasiliteite besoek.

(Foto: Tshwane-nooddienste)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet Snot ·

En help jou pellie as hy in die water beland. Dis waarom mens twee-twee gaan stap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.