Stappers met messe aangeval in Kaapstad

Die Silwermyn-staproete (Foto: Kaapstad Toerisme)

ʼn Groep van nege mense is Saterdagoggend omstreeks 09:00 in die Silwermyn-natuurreservaat op Tafelberg in Kaapstad aangeval.

“Die groep het gaan stap en twee mans, wat soos bona fide-stappers gelyk het, het by die groep aangesluit,” het Johann Marais, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding (WSAR), aan Maroela Media gesê. “Die groep was versigtig vir die vreemdelinge, maar die mans het ongeveer 30 minute lank saam met die groep gestap voor hulle skielik toegeslaan het.”

Volgens Marais is vyf persone, insluitend twee vroue, met messe gesteek. “Die groep het hulself probeer verdedig en die groep het in twee verdeel en in verskillende rigtings gevlug. WSAR moes dus na twee verskillende tonele ontplooi word.”

Hy het gesê die groep is ervare stappers, en van hulle is lede van WSAR. Volgens Marais is een van die persone in ʼn baie ernstige toestand. Die ander persone het geringe tot matige beserings opgedoen en is stabiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kabous ·

Silwermyn, nie Silvermine nie, is hoe ons in Afrikaans in die Kaap na die plek verwys.

Sonskyn ·

Maak my sommer briesend… ń mens kan deesdae nie eers meer die natuur geniet sonder om aangeval te word nie. Hulle (die kriminele) word al hoe slimmer!

JB ·

Soos Trevor Noah gesê het. Welcome to South Sh*thole. Dis tragies. Slag die goue koei. Breek af (H&M). Vermoor (toeriste.) Of jy nou lokaal of oorsee is – dit breek mens se hart.

PJC ·

Die hele Tafelberg omgewing is al vir ń baie lang tyd uiters onveilig en dosyne aanvalle het al die afgelope aantal jare voorgekom. Mense sal moet begin besef dat wanneer jy in sekere gebiede stap,draf,hengel of ander buitemuurse aktiwiteite beoefen jy jouself moet bewapen anders loop jy die risiko om verkrag of vermoor te word.

Hanna ·

Klink my dis nou weer “open season” vir aanvalle op berg- en strand stappers. En die SAPS is weer onbehulpsaam… Komaan, stel lokvalle vir hierdie diewe! Ek is bevrees die politieke wil ontbreek weereens.

Esther ·

Ek dink dit is tyd om die geslag, geskatte ouderdimven natuurlik ras van aanvallers en misdadigers bekend te maak in alle aanvalle. So word misdadigers minder beskerm en mens kan dadelik begin onraad vermerk, waarom is die feite van mens en Jan Publiek weerhou.

bossie ·

Komaan SAP! Julle het dan Desember soveel kriminele vasgetrek op die land se paaie. Wys nou jul kan dit op staproetes en op strande ook doen!

Matrys ·

Ai dis jammer om te hoor. Ek stap maar altyd met ‘n pistool, as jy nie jouself gaan verdedig nie gaan niemand anders dit v jou doen nie.

Hanna ·

Dit sal tog net weer as rassisties gesien word… Glo my, daar word altyd genoem as die misdadiger wit is. So ons kan dan seker maar ons eie afleidings maak.

Justice ·

Wat het van die spesiale magte se kleinspanne geword? Sekerlik is die monetering van Tafelberg en ander brandpunte vir ongure karakters se bewegings en wat nodig mag wees `n goeie aanwending vir hul kundigheid?

Jenny Thom ·

Ai, ai, daar is sommige mense wat net altyd ander wil reghelp en pal foutvind, of is dit dalk (fout vind, asseblief help tog). Kyk die naambord. Dit sê spesifiek Silvermine Dam.
Dankie tog Maroela dat julle ons op hoogte hou met al wat ‘n artikel, ens is.
Daar is waarlik menig van ons wat dit erg waardeer, hou so aan!!! Vriendelike groete

Justice ·

Ek is nie vertroud met die area nie maar 2 renosters wat daar aangehou word sal 24 uur van die beste sekuriteit waarborg – al moet al hul voer aangery word.

jean ·

Dan dink ons altyd dat daar “safety in numbers” is?……..

PJC ·

Jean ongelukkig werk “safety in numbers” nie as jou aanvallers met messe bewapen is en jy is leë hande nie.

SandraF ·

Voel so jammer vir die stappers. Baie jare gelede was my seun in die aand na werk deur drie mans met messe aangeval. Gelukkig het hy ‘n swart belt in karatie gehad. Het die een ou met sy soliede kar sleutel se hele wang oopgekap, die ander ou het hy geskop tussen sy bene met sy Caterpillar boot wat yster ‘caps’ voorin gehad het. Die ou kon skaars loop. Al drie het so vinnig moontlik as wat hulle kon pad gegee. Ons moes my seun se spaar sleutel vir hom vat want die sleutel was totaal gebuig. My seuns is lankal landuit en doen baie, baie goed oorsee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.