Stappers op Tafelberg beroof, vasgebind

tafelberg

Argieffoto

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering Donderdagoggend ʼn groep stappers op Tafelberg oorval en beroof het.

Drie stappers het in die noordelike deel van die berg gestap toe hulle deur vier mans oorval is. Hulle is glo tydens die aanval vasgebind.

Janine Raftopoulos, woordvoerder van SANParke, het gesê veldwagters het in samewerking met die polisie vier verdagtes vasgetrek.

Die slagoffers het ʼn saak by die Kaapstad-Sentraal‑polisiekantoor aanhangig gemaak. Hulle het daar ook die verdagtes uitgeken wat van die klere aangehad het wat tydens die voorval gesteel is.

Raftopoulos kon bevestig twee van die stappers is mans, maar kon nie die geslag van die derde stapper bevestig nie. Sy het gesê meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

IK ·

Buitelanders? Pragtig die foto van Tafelberg sonder die groot ovaalvormige ding.

jean ·

Verseker buitelanders….luister nooit. Stem saam oor die “ovaalvormige ding”!!!!!!

PJC ·

Alle buitelanders wat daar wil gaan stap behoort van gewapende gidse voorsien te word. Indien dit plaaslike mense is wonder ek hoekom hulle ongewapen was.

HPV ·

Dit kan nie wees nie! Volgens CR en Sisulu gebeur sulke dinge nie in Suid Afrika nie. Ons sal ook dadelik moet plek maak vir die 456000 wat teen ongeveer 50 per dag reeds vermoor is, want hulle is toe al die tyd nie vermoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.