Stappers op Tuinroete met panga aangeval

WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

Foto ter illustrasie

Foto ter illustrasie

‎ʼn Man en sy vriendin wat aangeval is terwyl hulle tussen Wildernis en Victoriabaai aan die Suid-Kaapse kus gestap het, het hul ervaring op die tydskrif go! Se Facebook-blad gedeel.

Dié tydskrif het in sy Januarie-uitgawe ʼn artikel oor die roete van Leentjiesklip-strand in Wildernis na Victoriabaai langs die ou treinspoor wat eens vir die Outeniekwa Choo-Tjoe-trein gebruik is.

Alistair Hill skryf hy en sy vriendin is aangeval deur twee mans waarvan een ʼn panga gehad het.

“Ons is die derde groep mense wat in die laaste twee weke aangeval is. Gelukkig kon ons daarin slaag om hulle af te veg [sic] maar ons is steeds beseer. Hulle het geen probleem daarmee gehad om ons ernstige liggaamlike leed aan te doen nie aangesien die een my verskeie kere met ʼn panga probeer slaan het en my ook van ʼn krans af probeer gooi het.”

Volgens Hill het hy en sy vriendin albei opleiding in selfverdediging en kon hulle die aanvallers teenstaan. “Anders dink ek nie ons sou só gelukkig gewees het nie,” skryf hy. Die tydskrif het intussen op sy Facebook-blad gesê daar was die afgelope ruk verskeie berigte van misdaad in die gebied en het sy lesers aangeraai om vir tyd en wyl dié spesifieke roete te vermy.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar verskeie voorvalle op die roete was. “Ons wil mense versoek om eerder in groepe van drie of meer te stap. Dit lyk of die verdagtes vroue wat alleen stap of pare teiken.”

Die omvang van Hill en sy vriendin se beserings is nie duidelik nie hoewel Hill het ʼn foto van sy gesig op Facebook gelaai het. Hy het verskeie snywonde aan sy kop opgedoen.

Die foto wat Allistair Hill op Facebook gelaai het.

Die foto wat Allistair Hill op Facebook gelaai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Herman Smit ·

Dit maak my woedend dat kriminele mense aanval wat die Skepping & natuur wil geniet in vrede. Ek sal daai roete gaan oppas…(reel net met my baas) dis seker die mooiste deel van ons land!

elna ·

Kry eerder die kriminele as om te se mense moet in groepe en pare loop. Verwyder hulle uit die samelewing. Hoekom moet normale mense weer hulle leefwyse verander om die kriminele vrye keuse te gee.

Willimien ·

100% eens! Maak ‘n effort politie om die kriminele te vang! Voor jy dit weet sien ander ook ‘n moontlijkheid om wandelaars te beroof, as die skelms nie vasgevat word! Ook op ander roetes… :(

sarie van heerden ·

Ek het al voorheen hieroor navraag gedoen. Dis nou 8 uur in die oggend en sopas het ek Maroela se nuusbulletin gelees wat veronderstel is om “nuwe” nuus te wees maar dan sien ek kommentaar van 9 en meer ure oud. Ook kom ek agter dat nadat ekself kommentaar gelewer het is daar niemand wat weer na my kom nie. Kan Maroela hierop antwoord asseblief?

Sune van Heerden ·

Dagsê Sarie

Dankie vir jou navraag.

Daar word ongelukkig nie 24 uur lank nuwe nuus op Maroela Media gepubliseer nie. Ons is ‘n klein spannetjie met beperkte kapasiteit. Dit is dus soms moontlik dat jy, wanneer jy dalk vroegoggend op ‘n Saterdag of ‘n Sondag Maroela Media gaan oopmaak, dalk nog die vorige aand se laaste stories gaan sien – dit is dus die jongste berigte vir daardie stadium op Maroela Media. Maar byt vas – daar kom altyd weer vars nuus in, gratis, vir jou om te lees!

“Ou nuus” word ook nie van die webwerf af verwyder nie, die nuwe nuus word net bygevoeg.

Hierdie berig is al gister gepubliseer, en daarom het persone al 18 ure lank kans gehad om daarop kommentaar te lewer.

Die maklikste manier om die jongste nuus te sien, is om ons nuusblad te besoek: http://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/ (of klik bloot op “alle nuus” onder die nuuskategorie op die tuisblad).

Die tuisblad vertoon al die jongste berigte in die verskillende kategorieë.

Dan kan jy dit ook vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Wysneus ·

Het jy al probeer om die “refresh” ikoon te klik in jou “browser”?

sarie van heerden ·

Ek was verkeerd. Sommige van die kommentaar op nuusberigte is tot 18 ure (AGTIEN URE) gelede bepubliseer!!!!!!!!!!!!!!!!!! Enige kommentaar vanaf Maroela?

Sune van Heerden ·

Dagsê Sarie

Dankie vir jou navraag.

Daar word ongelukkig nie 24 uur lank nuwe nuus op Maroela Media gepubliseer nie. Ons is ‘n klein spannetjie met beperkte kapasiteit. Dit is dus soms moontlik dat jy, wanneer jy dalk vroegoggend op ‘n Saterdag of ‘n Sondag Maroela Media gaan oopmaak, dalk nog die vorige aand se laaste stories gaan sien – dit is dus die jongste berigte vir daardie stadium op Maroela Media. Maar byt vas – daar kom altyd weer vars nuus in, gratis, vir jou om te lees!

“Ou nuus” word ook nie van die webwerf af verwyder nie, die nuwe nuus word net bygevoeg.

Hierdie berig is al gister gepubliseer, en daarom het persone al 18 ure lank kans gehad om daarop kommentaar te lewer.

Die maklikste manier om die jongste nuus te sien, is om ons nuusblad te besoek: http://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/ (of klik bloot op “alle nuus” onder die nuuskategorie op die tuisblad).

Die tuisblad vertoon al die jongste berigte in die verskillende kategorieë.

Dan kan jy dit ook vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)

Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.