Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding

grondwet-argieffoto-02

Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Grondonteiening sonder vergoeding is nou nog ʼn stap nader daaraan om ʼn werklikheid te word nadat LP’s Donderdagoggend ten gunste van die voorgestelde wysiging aan die Grondwet gestem het.

Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Twaalf LP’s het ten gunste van die voorgestelde wysiging gestem en vier daarteen.

Dié wysiging is deur die ANC en die EFF ondersteun en gedryf. Ná maande se openbare verhore en honderde duisende insette wat oor die omstrede kwessie ingedien is, het die EFF ook sy aanbevelings voorgelê wat in die konsepverslag ingesluit moet word.

Julius Malema het gesê grondonteiening sonder vergoeding moet wettig wees om die foute van die verlede “wat veroorsaak is deur willekeurige afneem van grond” reg te stel. Hy het gesê onteiening sonder vergoeding sal gelyke toegang tot grond tot gevolg hê en die meerderheid Suid-Afrikaners bemagtig om aktiewe deelnemers in grondeienaarskap en landbouhervorming-programme te wees.

ʼn Teenvoorstel oor die finale aanbevelings wat deur die DA ingedien is, is verwerp. Die party het daarop aangedring dat die artikel in die Grondwet waarin eiendomsreg verskans word “genoegsaam voorsiening maak vir progressiewe grondhervorming, restitusie en die beskerming van termyn en sekuriteit van grondregte”.

Die verslag sal nou aan die nasionale vergadering voorgelê waar dit gedebatteer sal word.

Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Ellisras ·

Die vraag is of die ANC besef wat die ekonomiese implikasie is van dié. En die eenvoudige antwoord is dat hul bloot nie omgee nie.

legens ·

Burgers wat grondbesit en in behoorlike huise woon is minder geneig om klip te gooi, roof , moor en af te breek . Gee hulle menswaardigheid en maak hulle deel van die bestel , dan sal die burgery tot ruste kom , die land stabiliseer en vooruitgaan . Die ekonomiese implikasie hiervan is groot ….vooruitgang , juis die teenoorgestelde van die huidige bestel . So `n burger is ook meer geneig om tot die fiscus by te dra .

Dirk Breytenbach ·

Dit is niks nuuts nie, ons weet lankal al wat die verwagting van die opgesweepte massas is. Ons het nou ‘n kritieke kantelpunt in SA bereik. En soos die Amerikaners altyd se “God help us” want dit lyk vir my die pad van redelikheid en onderhandelinge het finaal gefaal.

Willem Pienaar ·

@legens Ja jy is baie reg, dit het baie goed gewerk in Zim. Hulle doen verskriklik goed en al die burgers dra baie by tot die fiscus. Hulle moet net keer of dit gaan te goed.

Johnna ·

Nou ja dit is makliker gese as gedoen Mnre CP en JM jy vat nie n boer see grond wat wetting aan home behoort nie die grond behoort aan die Here aan geen men’s nie moenie te ver probeer gaan nie.

VanAfrika ·

Gaan nou alles vat waarvoor die blankes jare lank voor gewerk het en vir hul oudag gespaar het. Nog meer gaan nou in plakkerskampe opland. Kinders se erfinisse gaan nou net gevat word.

Oor my dooie liggaam ·

Dit sal slegs oor my dooie liggaam plaasvind, ten aanskoue van die internasionale gemeenskap want ek het kameras oral.

Thinus ·

Dit was te wagte omdat hierdie hele kommitee net een groot klug is. Die EFF en sy ongeskoolde trawante wat niks tot die ekonomie of belasting byda nie wil die grootse se he, maar wat die dom idiote nie besef nie is dat ‘n stuk grond jou nie ryk maak nie. Jy moet kan boer en nie een van hulle het ‘n clue hoe om te boer nie. Ciryl is besig om met vuur te speel ten gunste van stemme en die EFF en sy korruptes loop agteraan. Dom mense wat dom besluite maak gaan die land sy ondergang kos.

Johan H. ·

Dis hoekom malema nou polisie beskerming wil he,cr se plannetjies kom bymekaar,

Mike ·

Dit gaan om volgende jaar se verkiesing, hulle soek die stemme terug wat hulle verloor het in die laaste algemene verkiesing.

Daan ·

Dis om stemme te kry volgende jaar se verkiesing. Mugabe het dieselfde gedoen toe sy steun afneem. Niks te doen met realiteit nie.

Pietman ·

Is amper verstommend om te dink dat ‘n hele land se voortbestaan benadeel word deur besluite wat deur mense geneem word wat onkundig is oor die basiese beginsels van ekonomie of besigheid en wat as grondslag vir investering. Emosionele populistiese besluite en ekonomie akkordeer nie met mekaar nie. Die treurmare wat gaan volg is voorspelbaar, disinvestering, toename in werkloosheid, nog meer belastinggeld in die drein af vanweë swak dienslewering en wanprestasie deur staatsdiens.

Anoniem ·

Nou is my vraag net dit: Gaan julle nog so lekker dans indien daar nie meer kos op julle tafel is nie en julle ‘n hongersnood in die gesig staar?. Julle het virseker nie ‘n idee wat hierdie aanvaarding vir die land gaan behels nie.

Japie ·

Hulle vra die wit mense se hulp om die land uit die gemors van Zuma se regering te help, maar dan wil hulle kom en jou grond ook vat?

Oppas mense, hulle gee nie om nie.

Alida ·

Weereens doen hulle voor hulle dink. CR weet nie wat hy doen nie en glo my daar gaan baie van sy eie mense se bloed vloei. Geen boer gaan toelaat dat n klomp ongeskoolde werkloses sy grond net vat nie. Mens word bang vir hierdie land.

wonder ·

Ek het nie meer woorde nie daar gaan Suid Africa ten GRONDE dis verby!!!!!!!!!!

KJ ·

Wel, net nog n stappie nader om net vir myself te “boer” en net vir sommiges werk te gee.

ANDRE ·

JA NEE ..EEN VAN DIE DAE SAL HUL MAE OOK SING VAN DIE HONGER…NET SOOS IN ZIMBABWE….SAL,SAUK ESKOM TELKOM,TRANSNET EN VBS MOERTOE..NIE LANK NIE DAN DIE LANDBOU OOK….

MTSteyn ·

Korrek!

Die grondroof gaan natuurlik gevolg word met verdere bate-onteiening, soos bv. pensioene, voorstedelike huise, werksgeleenthede, ens. As Blankes is ons reeds ‘n non-entiteit in Suid-Afrika, en is die grondroof ‘n voltrekking van fyn uitgewerkte planne.

Die kommunisties-geleide ANC besef terdee dat wanneer jy die grond van ‘n volk wegneem, jy sy bestaansreg en toekoms eintlik wegneem. Dis waaroor dit altyd gegaan het.

Longoverdue ·

Stem saam nog nooit in menseheugenis was dit so nodig nie

Johan H. ·

Dis seker hoekom malema skielik polisie beskerm kry.. Hy en Cirel is groot maats. Vertrou hulle nie!!!!

DewaldS ·

Die regering (en die liberale skisofante) moet dan maar vrede maak met die gevolge daarvan – en dit gaan nie mooi wees nie.

ONS IS OOK HIER OM TE BLY!

pieter ·

Presies my gedagte ook, dan is dit seker n stappie nader aan burger oorlog ook.

Lana ·

Al ooit gehoor van ‘n verloor-verloor situasie?
Dit vat nie baie brein om te besef dat almal in SA hiermee gaan verloor nie.
Probleem is dat party mense weier om te aanvaar hulle kan nie ‘n sukses maak nie (selfs al is daar hoeveel bewyse uit die verlede).

daniel ·

daar word gedurig na landbougrond verwys.
Ek besit 2 huise in Kaapstad, so 25km uitmekaar. Een word verhuur. Gaan albei onteien word, of net die een? Niemand kan my antwoord nie. Ek was al by banke, eiendomsagente, eiendomsprokureurs en politieke partye.

Charlene ·

Grondonteiening sonder Vergoeding is op alle eiendom van toepassing.

wilma ·

Ek sal graag wil sien wat die “nuwe eienaars” van die onteiende plase daarmee gaan doen wanneer hulle te kampe het met die huidige droogte wat met soveel ellende gepaard gaan waar die gesaaides op die lande verdroog en die diere omkom van die honger en daar geen inkomste is nie. Dit verg baie spesiale, hardwerkende persone om ondanks al die terugslae nog steeds voort te beur!

zoom zoom ·

Die grap van die hele grond kwessie is dat die wat in beheet van dit gaan wees gaan eers hulle self help en dan Sy familie en pelle en as daar nog iets is gaan grond gegee word vir die persoon wat die bereid is Om die meeste omkoopgeld Te betaal.

IAN ·

DIE HELE GROND HERVORMING GAAN NIE OOR OM GROND BY DIE BLANKES TE VAT NIE, WEL VAT GAAN HULLE VAT MAAR DIE MENSE MOET BESEF DIE GROND GAAN AAN DIE CHINESE OORHANDIG WORD EN AL MANIER IS OM AL DIE GROND IN DIE STAAT SE NAAM TE HE.

Jan J B ·

Daar is n gesegde wat lees ” IF YOU WANT PEACE PREPARE FOR WAR”

toy ·

Kan hulle nie sien dat als tot niet sal gaan nie. Hulle moenie apartheid weer die skuld geen nie want hulle is die sondebokke wat dit veroorsaak het. In 24 jaar het als net agteruit gegaan.

Santie ·

Sover ek kon agterkom, is dit net om ‘n sekere punt in die grondwet wat verander gaan word te verwoord en duideliker te kan verstaan. Maar ek sal nou nie my voortande daarop verwed nie. Hoe ook al sy….as die grondwet so vining en so maklik verander kan word, wat is volgende??? DIT is wat my kwel. Dit sal net al hoe makliker en makliker gedoen kan word.

DC ·

Pas ekonomiese druk toe. Gee die regering so min as moontlik belasting deur vars BTW-vrye produkte te koop; koop goedkoop sodat die BTW daarop minder is; gebruik minder brandstof (waarvan ‘n groot deel van die prys belasting is); moenie enigiets met BTW daarop aankoop as dit nie absoluut noodsaaklik is nie. Belasting is reeds besig om af te neem. Draai nou die skroef stywer vas. Laat hulle voel wie het die ekonomiese mag.

Melanie ·

Mense van 50 jaar en ouer sal hierdie slagspreuk onthou: “stem nasionaal!” Jare gelede het ‘n klein groepie mense baie BAIE hard gewerk om te keer wat vandag gebeur. Ongelukkig was daardie groepie se stem doodgelag. Nou is dit daardie klein groepie mense wat eenkant staan en se “Julle was gewaarsku!” Kom nou .. dit is wat ons volkie wou he …of hoe dan nou?

TLC ·

Melanie
Ek was daar
En nou is ek hier
Koue rillings gaan by my rug af
My boere broeders bewapen jouself en wag hul in
Moet nie onkant gevang word nie

John ·

Volgens die komitee-voorsitter gaan die kwessie nie na die Grondwethof verwys mag word nie want die Hof kan skielik glo nie alle sake besleg nie. Ons dog ‘n wetsontwerp is ter sprake… wette dus. Die spul wil onwettig optree omdat die Grondwethof definitiewe aksies daarstel en ander afkeur. Vergrype gaan aan die orde van die dag wees onder die mite van die Mandela-etos wat glo altyd reg en geregtigheid voorstaan. En CR hoop die buiteland se geld gaan inrol… Wat maak ons anders as Kuba of Venezuela waar ellende gedy met sulke regerings soos ons s’n.

D B ·

Ek verstaan nie, al die grond in die land behoort mos klaar aan die staat, dan nie? Dis mos hoekom ons almal elke maand eindomsbelasting betaal, vir die vergunning om op hulle grond te mag woon.

Anoniem ·

Mense moet onmiddelik staak om verbande terug te betaal. Hoe gouer hulle dit doen hoe gouer sal banke saam staan en die grondonteiening beveg. Onthou banke se voortbestaan is in die mens se hande sonder geld geen bank.

Frans C ·

NEDBANK hou steeds sy kliënte verantwoordelik of die staat die grond nou onteien met of sonder vergoeding.Sonder vergoeding en jy bly volgens hulle verantwoordelik vir die balans.
Met vergoeding moet jy balans aflos en is die balans joune,maar as daar ‘n tekort is moet jy opdok.Dink dit gaan chaos by die aktekantoor en in die voedeselketting veroorsaak.

Eiendom is meer as net grond ·

Belangrik om te besef “eiendom” soos bedoel in artikel 25 is nie net beperk tot grond nie.

Jou bankrekening, motor, meubels, klere en pensioenfonds is alles “eiendom”.

Afhangend van die wysiging, is dít nou alles in die weegskaal.

HOBBO ·

Ek wil eers vra dat ons mekaar nie opsweep nie. Maandag geluister na n baie intelligente man oor hierdie onderwerp. Terloops CR steun baie op sy insigte. Grond hier ter sprake is meerendeels staatsgrond. 34% van grond in SA behoort aan die staat. Tweedens besef CR die impak van die EFF se wens. Zimbabwe, Venezuela, Spanje ens. is goeie voorbeelde van hoe n staat se inkomste gedaal het agv so n besluit. Kom ons vertrou op ons liewe Vader se leiding op hierdie gebied. Hy sal ons nooit verlaat nie.

Schallaa ·

Amen.. daar stem ek saam met jou.. God is in beheer.. hou aand Bid.. die regering en partye is geen uitdaging vir onse Skepper nie..

Karen ·

Hierdie beplanning kom al van die ontstaan van party. Die maat kry vip beskerming omdat hy nie balju wil kans om op sy bates beslag te lè. Ja hulle is lekker hand om die blaas….maak die pap lekker dik aan sodat dit kan aanbrand asb.

Dries du Toit ·

In n veelrassige gemeenskap waar mag uiteindelik oorgedra word aan die numeries sterker swart bevolking gaan nie net die blanke maar ook die kleurling en Indier onder gaan. Oor tyd sal geen bevolking voordeel trek nie soos dit oor en oor bewys is reg oor Afrika. Dit sal in ag geneem en besef moet word dat SA uiteindelik sal ontwikkel in ‘n Outokrasie of Diktatorskap a.g.v. die bewese onvermoe om n ingewikkelde administrasie van n land te bestuur. Die land saladministratief en ekonomies vernietig word vir alle bevolkingsgroep en in chaos verval

Eendrachtmaaktmacht ·

Daar kom hy, ons is op die voorstoep van ‘n geregtilike oorlog. Ons almal het diep in ons harte geweet dit gaan kom.

Gc ·

Die afrikaner is lankal nie meer in beheer van sy eie toekoms nie, ons taal word uit die skole en universiteite gegooi. Ons kinders moet eenkant staan in die werks mark. Ons grootmense word werk geweier al is hulle die beste vir die pos. Die konstitusionele hof spreek openlik teen die Afrikaner, want alles wat ons het is mos glo gekry deur apartheid. Ons grond gaan nou gevat word. Op een of ander stadium sal ons as volk moet by mekaar kom en ons lager trek, anders sal ons vertrap word.

Lindy ·

Die dag as hul hier kom en my plek soek brand ek hom met n smile af eerder as om dit weg te gee

pw ·

Verstaan niemand dan dat wanneer daar met eienaarskap gepeuter word, dit die hele land se ekonomie gaan lamlê. Wat ek wel voorspel is ‘n ontrekking van buitelandse besighede, boere investeer geen verdere geld nie, hongersnood en absolute ekonomiese verval van die hele land. Hoe moeilik kan dit wees om te begryp. Eienaarskap is iets wat jy in terme van die Gemene Reg besit en die onwettige wegneem daarvan is Diefstal. Dit kan net onmoontlik nie werk nie – hier kom groot marakas.

Die Stem ·

Ek sou graag wou weet hoeveel geld is onnodig aan openbare byeenkomste gehou, waar elkeen n bydrae kon lewer wat nêrens in ag geneem is nie.
Wat wel seker is, is dat die ekonomiese skade as gevolg hiervan, onberekenbaar sal wees.
Ek is geensins verbaas hieroor nie.

Mrs H ·

Kyk, staan Cyril soos n skynheilige agterbakse padda en vertel gister vir die wereld dat hierdie grond vattery volgens konstitusie en grondwet sal gebeur. Maar hy vertel nie dat hy net eers die grondwet gaan verander, anders is dit onwettig en ongrondwetlik nie?! Dan het hy die vermeutelheid om Mandela se naam te noem en wat deel was van die grondwet opstel, soos dit is?!

Krummel ·

Moenie bekommer nie, pienkes se wigte en teenwigte sal nou-nou inskop.
Laat die wat dans, voortdans, ons sal sien as die groot honger kom, dan sal hulle sprinkane en rotte eet soos dit in baie afrika-lande gaan.

Johannes ·

Die tyd vir AKTIEWE weestand is NOU! Genoeg gepraat met terroriste – dit is tyd om op te staan en bymekaar te staan! Lank leef die Boerevolk!

CJ ·

“Oor my dooie liggaam”, ek het hartseer nuus vir jou … die grondwet gáán verander word.

Diefie ·

Dit is so nice van die regering om die grond aan die werklike eienaars te gee. Wel nou kan ons wildediere hul regmatige plek in neem. Die wilde diere was nog voor alle mense hier in Suid Afrika!

Piet ·

CJ ek dink “Oor my dooie liggaam” besef dit wel. Ander kommentators, wat deesdae still geword het, het nog so onlangs as die 8ste September op MM berig, dat CR kwansuis nie grond sonder vergoeding sal vat nie. Dit wys mens hoe naief, mense steeds is. Met “kill the boer” en “one settler one bullet”, is oorlog verklaar teen blankes. Steeds word mense lof toegeswaai as hulle die “durf” het om hierdie oorlogs verklaring teen onskuldige mense te uiter. Daar is sowaar die wat nou Afriforum, VF Plus, ens blammeer vir die situasie terwyl “kill the boer” bekend gemaak is deur Peter Mokgaba dekades gelede en hy die ANC se held geword het onder Nelson Mandela se “leierskap”. As hulle hom eerder in die tronk gegooi het (waar hy gehoort het) dan was ons dalk nie vandag in hierdie situasie nie.

Elize ·

Ja en Mandela se “leierskap” moes op Robbeneiland geeïndig het!

Aster ·

Dis verby met SA. Ons is ver verby redding. Mense hierdie is verskriklik! Dink jou net in as jy op ‘n plaas bly wat bekom was deur jou grootouers of hoe ook al en hier moet jy kom en jou plaas net soo vrywilliglik oorhandig aan hulle. Kan julle net dink die emosie daar agter. Ek sal dit nooit in my lewe kan doen nie! Baie sterkte aan ons boere ek bid vir julle en ek ondersteun julle waar ek kan.

Bosvark ·

And so on and so forth. DIE LAND IS IN DIE ……. Hulle dink nie aan die toekoms nie, lewe net vir vendag. Swaar kry let net voor die deur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.