Soorte resepte:

Starbucks-koffie nou ook in SA

Foto: Starbucks, Facebook

Foto: Starbucks, Facebook

Die eerste amptelike Starbucks-restaurant maak vandeesmaand sy deure in Suid-Afrika oop.

“Ons is trots om aan te kondig dat die eerste Starbucks-tak in Rosebank [Johannesburg] op 21 April om 07:30 oopmaak,” het die maatskappy bevestig.

Sedert die eerste winkel in 1971 by Pike Place-mark in Seattle, Washington oopgemaak het, het dié koffiewinkelgroep tot kultusstatus gevorder. Aanhangers staan gewoonlik in lang rye wanneer ʼn Starbucks die eerste winkel in ʼn land oopmaak.

Daar is tans minstens 23 768 Starbucks-takke in 67 lande wêreldwyd.

Die Rosebank-tak se besigheidsure is Maandag tot Sondag van 07:30 – 22:00.

Volgens die maatskappy se webwerf sal ʼn Starbucks-tak ook by Mall of Africa oopmaak. Mall of Africa is tans onder konstruksie en maak na verwagting op 28 April 2016 oop in Waterfall City, Midrand.

Is jy ‘n groot aanhanger? Sal jy moeite doen om die tak te besoek? Laat weet ons gerus in die kommentaar!
Besoek Starbucks SA op Facebook
Besoek Starbucks se Suid-Afrikaanse webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Char-Landre Buchling ·

Het die naweek deur Dubai gegaan en vir my n R110 latte gekoop. Sal like om die pryse plaaslik te sien. Sal seker nie so duur wees nie, maar wil sien hoe vergelyk dit met Mugg & Bean, Seattle Coffee Company en daai soort van plekke

Dee ·

Waarom in Johannesburg? Hulle kon tog ‘n ordentlike stad soos Durbs gekies het vir die inwyding!

BRAAI ·

HOEKOM DURBAN………. WAT NOG BETER SOU GEWEES HET IS NELSPRUIT … DI PRAGTIGE LAEVELD

Melissa ·

Wonderlike nuus op hierdie beproefde Woensdag! Ek is in KZN maar sal verseker plan maak om ‘n Starbucks in SA te besoek! Vir my 21ste verjaarsdag het ek ‘n pakkie Starbucks filter koffie by ‘n goeie vriend gekry. My vriende en familie weet ek is ‘n groot aanhanger van Starbucks ?

Miki ·

Solank dit nie deur die GUPTA’s bedryf word nie… So konsep nodig in S A

Christien ·

Ek dink Starbucks gaan deel wees van Taste Holdings wat ook ander Amerikaanse franchises SA toe bring byv. Domino’s Pizza

Net wat SA nodig het... ·

Nóg ‘n Amerikaanse franchise wat die nasie gaan aanspoor om geld te mors op iets wat goed is vir niks behalwe vetmaak nie. (Of gaan hulle gewone – regte – koffie ook bedien, so saam met al die stroop-belaaide ‘gemors-koffieagtige-drankies’ waarvoor hulle bekend is?)

jaco ·

Ag toe nou ! dis mos nou glad nie so erg nie , as jy teen dit is moet hulle dan nie besoek nie so maklik soos dit , hulle skep tog werk hier en dis n internationale naam , Om die top land in afrika te wees moet daar ook meer van n verskeidenheid wees om vir almal se keuses te voorsien , ek moet se hulle frapachinos is glad nie te bad nie :)

Nadine ·

Yay! Ek woon naby Potchefstroom maar gaan beslis Rosebank besoek sodat ek n vinnige “Starbucks stop” kan maak. Ek lief hulle en sal van al my oorseese trippies herhinder word xx

Bets Bothma ·

Nee wat, het al verskeie kere Starbucks gedrink omdat dit die naaste koffieplek was, maar ek sal nie uit my pad uit gaan om by n Starbucks om te gaan nie. Hier in Hermanus is verskeie koffiewinkels wat se koffie baie lekkerder en goedkoper is!

Jan ·

Ek sal veel eder ‘n plaaslike koffie roostery besoek – die gehalte van die koffie gaan oor die gehalte van die koffiebone. En bone uit Afrika wat vars gerooster is proe soveel beter as die massa-verpakte bone uit Suid-Amerika of Vietnam wat Starbucks waarskynlik gaan gebruik. En hoekom dan die Yanks verryk as ek eder ‘n plaaslike ou kan ondersteun?

Xa ·

Ek ondersteun eerder plaaslike koffieplekke. Ons moet plaaslike entrepreneurs ondersteun, want om werksgeleenthede vir plaaslike mense te skep is in ons almal se belang.

Niel ·

As ‘n Suid-Afrikaner in Londen is daar ‘n Starbucks om elke draai. Ek persoonlik verkies die onafhanklike koffiewinkels. Soos enigeiets wat basies massageproduseer word is hulle “over priced” vir wat hulle bied.
Daar is drie dinge wat ‘n koefiie goed maak, die regte kwaliteit koffiebone wat vars is, ‘n goeie koffiemasjien en dan ‘n Barista wat weet wat hy doen. Ek hoop maar die spul wat hulle gaan aanstel om die koffie te bedien gaan goeie opleiding kry.
Dit daar gelaat, ander probleem met Starbucks is dat hulle nie life is vir belasting betaal nie. Hier is nou hoeka groot bohaai oor internationale maatskappye soos Starbucks, Google en Facebook wat belasting oneties vermy.

Cherokee ·

Niemand is lief vir belasting betaal nie. Nie ‘n probleem nie maar logika.

Rupert Ashford ·

Ag nee Niel. Moenie alles glo wat in die media vir jou vertel word oor belasting nie. Die mense oortree nie wette nie, anders sal hulle deure sluit. Belastingvermindering is ‘n ander saak en heeltemal wettig en in orde. Watter regering is in elk geval so betroubaar met hoe hulle die belastinggeld spandeer dat jy ekstra aan hulle wil skenk? Of is jy gelukkig om die ouens op die dole wat kan werk se lewenstyl te befonds?

Cherokee ·

Soos Rupert sê, belastingverligting en belastingvermyding is twee afsonderlike en uiteenlopende dinge.

trix ·

Hier in Kanada is daar duisende starbuckse. Kannie wag om SA te besoek vir die lekker koffies daar nie – baie baie beter as die van die oorgepryste bitter koffies van starbucks. En dan die alewige ou papierkoppies wat jy by die toonbank voor wag tot jou nommer of naam uitgeskree word, nee wat. Koffie in ‘n ordentlike koppie voorgesit in eg Suid-Afrikaanse styl en klas, niks kom daarby nie!

Chantel van staden ·

Ek sal al die pad van die limpopo af ry om starbucks te gaan drink

anita carstens ·

waneer in Pretoria…ek ry elke oggend om my fix te kry as Pretoria n starbucks kry…

Joa ·

Ek hou van Starbucks se koffie maar ek sal nie ‘n ompad ry om daar uit te kom nie. Die lekkerste, lekkerste koffie kom uit Kenya. Ek het ‘n goeie koffiemasjien wat die bone maal net voor die koffie gemaak word. Dus het ek nie Starbucks nodig nie.

Anton J Jansen ·

Al het ek nou al die geld in die lewe gehad om te mors, sou ‘n Starbucks-koffie nou die laaste ding wees waarop ek dit sou mors. Hoeveel Suid-Afrikaanse koffiehuise gaan verarm net ter wille van die verryking van ‘n handelsnaam! Ek drink eerder ‘n glas warm water met sout.

DPJ ·

Dit is belaglik om agter ‘n grootnaam aan te loop! Die koffie se smaak hang glad nie daarvan af nie. Dit hang af van die koffiebone, hoe dit gerooster is, hoe vars is dit gemaal, hoe dit gemaak word, hoe dit voorgesit word en wat se dien jy by die koffiewinkel ontvang.
Mense wil altyd die “in ding” doen om gesien te word. Geluk gaan geniet jou koffie waar jy wil. Ek betaal nie my ore van my kop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.