Die internasionale koffiehandelsmerk Starbucks het bekend gemaak dat sy eerste winkel in die Wes-Kaap in Canal Walk sal oopmaak.
Die winkel sal na verwagting in November sy deure oopmaak.
“Ons is trots daarop om Starbucks by Canal Walk te verwelkom,” het Gavin Wood, uitvoerende hoof van Canal Walk, gesê.
Meer as 50 nuwe poste sal na verwagting hierdeur geskep word.
“Ons nuwe winkel in Canal Walk is ʼn teken van ons groot planne vir die toekoms van Starbucks in Suid-Afrika – selfs in die lig van die verwoestende Covid-19-pandemie,” het Adrian Maizey, uitvoerende hoof van Rand Capital Coffee, die eienaars van Starbucks South Africa, gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
WAT? Verkoop Sarbucks koffie?