Stasie vir pendelaars in Rustenburg stort ineen

werkers-konstruksiebedryf-boubedryf

(Foto: Pixabay/Pexels.com)

ʼn Stasie vir pendelaars in Rustenburg wat nog in aanbou was, het ineengestort.

“Een van die plekke waar ʼn stasie vir die Rustenburg-snelvervoerstelsel as deel van die geïntegreerde openbarewerke-projek op die R104 in Tlhabane in aanbou was, het Saterdag inmekaar geval,” het David Magae, munisipale woordvoerder, gesê.

“Die voorval het buite werksure plaasgevind ná die nuwe kontrakteur korrektiewe maatreëls ingestel het om foute reg te maak. Die aanvanklike bouwerk is stopgesit en die kontrak is in Junie 2017 opgeskort weens swak werk,” het hy gesê.

Die nuwe kontrakteur is in September 2018 aangestel en die perseel is in Februarie vanjaar oorhandig ná ʼn konsultasieproses om plaaslike arbeid en ontluikende ondernemings by die infrastruktuurontwikkeling te betrek.

“Die persele is in Februarie 2019 oorgegee en deel van die werk was om die aanvanklike bouwerk reg te maak. Toe die vorige kontrakteur se kontrak opgeskort is, het bouwerk op 30% gestaan.

“Die munisipaliteit het begin met regstappe om die finansiële verliese te herstel wat hy weens swak vakmanskap gely het,” het Magae gesê.

Die munisipaliteit gaan nou ander stasies ook assesseer om te verseker dit is veilig vir pendelaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Dit gebeur as ‘n mens BEE blindelings toepas en nie die firma aanstel wat die beste diens teen die billikste prys doen nie. Die tenderstelsrl is daarop gemik om sekere bevolkingsgroepe uit te skakel en ander te bevoordeel. Maar teen watter prys?

skurweberg ·

Laat hulle hulself maar aanhou in die voet skiet met BEE

Skoolgeld ·

Dis ongelukkig die vrugte wat jy sal pluk as jy nie die regte mense aanstel om die werk te doen omdat die “community” dit “demand”. Gan jy jou motor sleutels vir ñ vreemde gee wat nie oor ñ lisensie beskik nie ? Ek glo die burgermeester in Rustenburg is verjeug oor die insident, daar is altyd tyd om dit oor te doen as jy dit nie die eerste keer reg doen nie. Daar is geen haas om die projek af te handel nie anders was almal op site oor die naweek.

Rupert Ashford ·

En tien teen een is daar mense in hoe posisies of hulle familie wat deel is van die konsortiums so dit sal ook nie vorentoe beter raak nie. Cry the beloved country….

SjN ·

Trots tender bedrog gebou deur bee maatskappy, ondersoek ook sommer die amptenare wat dit goed gekeur het.

Ander Koos ·

Netso. En dit gebeur oor en oor, hoeveel ander projekte het nie al dieselfde pad geloop nie ? Maar owerheid is siende blind en horende doof. Ongelukkig is SA en sy mense die lydende party weens halstarrigheid

Spike ·

Tender toekenning was comrades en kader ontplooing. Baie geluk anc. Dit was mos hoe dit in afrika gedoen word. 4de werêlds.

fred ·

weer n paar comrads wat miljoene gekry het……belastingsbetalers’geld gemors

Danie ·

BEE hoeveel keer moet jy jou kop stamp voor jy leer? ai tog dis TROTS kan nie erken nie

Johann cb ·

Ek is bevrees ons land gaan binnekort bitter min kundige persone oorhê.

Christa ·

“Accountability” is net n woord wat iewers in n woordeboek verskyn.

HARTSEER ·

Ek is hartseer want ‘n kundige kon dit gebou het & almal kon daarby al baat gevind het.

Ek is hartseer want die helespul moet nou gesloop word en van nuuts af oorgedoen word.

Ek is hartseer want nou is daar alweer klomp geld gemors – wat beter aangewend kon word.

Ek gaan hartseerbly as dieselfde foute weer begaan word.

Mens vra tog nie ou tannies om dakke te verf nie,,, Gee vir mense werk waarvoor hul bekwaam is.

Susan vl ·

Boetiee boot boot..daar val ons in mekaar agv te korte van kundigheid en inhaligheid teenoor geleerdes wat weet hoe ai ai..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.