Stasiebevelvoerder met mes gesteek

Argieffoto: SAPD/Facebook

’n Verdagte is in hegtenis geneem nadat ’n polisiekaptein van Limpopo oor die naweek met ’n mes gesteek is toe hy op ’n klagte van huishoudelike geweld gereageer het. Die slagoffer is die stasiebevelvoerder van die polisiestasie in Elandskraal, suid van Polokwane.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die stasiebevelvoerder het Saterdagoggend ’n oproep ontvang oor ’n vrou wat gereeld deur haar vriend in die Mbuzini-nedersetting aangerand word.

Dié nedersetting is in die Elandskraal-polisiëringsgebied geleë en die stasiebevelvoerder en ’n polisiereservis is toe na die vrou se huis om ondersoek in te stel.

Volgens Mojapelo het die vrou met hul aankoms op die toneel aangedui dat sy nie langer in die huis wil woon nie aangesien haar vriend haar gereeld aanrand. Die vriend het onverwags die stasiebevelvoerder met ’n mes gesteek voordat hy op die vlug geslaan het. Hy is later in hegtenis geneem.

Die gewonde stasiebevelvoerder is kort ná die voorval na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling en is tans in ’n stabiele toestand, het Mojapelo bevestig.

Die verdagte is intussen in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in ’n hof verskyn op aanklag van poging tot moord en die oortreding van die Wet op Gesinsgeweld.

Maj.genl. Jan Scheepers, provinsiale polisiehoof, het die voorval veroordeel.

“Ons kan nie toelaat dat polisielede aangeval word terwyl hulle geslagsgebaseerde geweld bestry en probeer om die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm nie,” het Scheepers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Blikkantien ·

Skokkend hoe sommige mense soos diere op instink reageer. Ek wonder soms of ons almal van dieselfde planeet af kom

Scalla ·

Daar was seker eers gesprek of iets gesê wat tot die geval gely het.

Cherokee ·

Nie dat dit regtig saak maak nie. En dit was die polisiekaptein wat gely het en nie die geval nie.

Cherokee ·

Dit is die polisiekaptein wat gely het, nie die geval nie.

Karlahari ·

Die SAPS lid het sy werk gedoen.
Wat ookal gesê is gee die persoon nie die reg om die lid aan te val nie.
Ek glo die mes-steker sal met die wetboek gegooi word.

Scalla ·

Heeltemal reg Kalahari, maar dit gaan so as wet en orde nie gerepekteer word nie, volgens die berig was daar twee wetstoepassers op die toneel, daar moes iets gebeur of gese of beveel was wat tot die geval gely het, ek praat dit defenitief nie goed nie maar hoop die waarheid kom uit

Sarel ·

Wanneer kan ‘n Polisieman geweld gebruik om hom self te verdedig. Hy was ook nie alleen nie, hoekom het die Reservis nie opgetree nie?

Michael 1 ·

Die wet is dieselfde as vir enige persoon en sê duidelik as jou lewe in onmidelike gevaar is mag jy skiet ,ek neem aan sy tekort aan goeie opleiding het hom in die steek gelaat.

twaalfboor ·

Wat probeer jy sê Scalla? Dat die polisie kaptein die konflik uitgelok het? Hou tog op om tot gevolgtrekkings te spring en SAPS veralgemeen.

Scalla ·

Nee, 12 boor, die kaptein het sy werk gedoen en toe die man gekonfronteer word het die skuldige tot die daad oorgegaan wat verseker nie reg is nie, volgens die berig was twee wetstoepassers op die toneel , het hul maar net gestaan en kyk, ek maak geen gevogtrekking nie maar dit gaan so in die wettelose plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.