Suid-Afrika het teen Dinsdagmiddag reeds 21 medaljes (9-6-6) op die 21ste Statebondspele ingeryg.
Dít nadat Caster Semenya (27) Dinsdag goud in die 1 500 m gewen het, Bradley Tandy ʼn silwer medalje in die 50 m-vryslag verower het en Suid-Afrika ʼn brons medalje in die swembad in die 4 x 100 m aflos gewen het. Die aflosspan het bestaan uit Chad le Clos, Tatjana Schoenmaker, Cameron van der Burgh, Ryan Coetzee, Christian Sadie en Brad Tandy.
Semenya het Dinsdag sosiale media aan die gons gehad nadat sy ʼn 34 jaar oue rekord in die 1 500 m – opgestel deur Zola Pieterse – laat spat het. Sy het die 1 500 m in ʼn spoed van 4 minute en 00,72 sekondes gehardloop, 0, 09 sekondes vinniger as die rekord wat Pieterse in 1984 in Port Elizabeth opgestel het.
Dié rekord beteken Semenya is nou ʼn Statebondspele-, Olimpiese én wêreldkampioen aangesien sy al op al drie kampioenskappe goud verower het.
“By die 800 m-merk het ek geweet dit was moontlik om die rekord te breek,” het sy ná die wedren gesê. “Toe ek die laaste ronde begin hardloop, het ek geweet dis verby as ek dieselfde pas sou handhaaf.”
Maroela Media het vroeër berig Le Clos het vir die eerste keer in die geskiedenis van die Statebondspele ʼn driekuns in die vlinderslag behaal toe hy ook goud in die 100 m gewen het. Le Clos het ook die Spele-rekord herskryf na 50,65 sekondes. James Guy van Engeland was tweede in 51,31.
Lees meer oor die res van die Statebondspele-wenners op Maroela Media.
Klik hier vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Goed gedoen Caster. Ignoreer die mislike kommentaar. Doen jy net jou beste. Baie van ons is regtig bly vir jou en trots op jou.
???
En dis ‘n wedloop nie ‘n wedren nie.
Congratulations Caster
So proud of you!!!!!!!!
Ek is trots op elke liewe Suid Afrikaner wat enige medalje kry – mens hoef net te kyk na die aantal deelnemers per item van bv Australië om te weet hoe sterk die kompetisie is. Caster you are special!
Ongelyk wedloop.??
Alwyn Burger