Statebondspele: Soveel geld in die water

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, Dinsdag (14 Maart 2017) tydens 'n mediakonferensie in Durban. Foto: ANA

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, Dinsdag (14 Maart 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Durban. Foto: ANA

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Dinsdag gesê die land se huidige ekonomiese status het veroorsaak dat die Suid-Afrikaanse regering nie aan die verwagting kon voldoen om meer geld te verskaf as wat die kabinet vir die 2022 Statebondspele goedgekeur het nie.

Hy het tydens ʼn mediakonferensie by die Moses Mabhida-stadion in Durban gepraat, ʼn dag nadat dit aan die lig gekom het dat die stad nie meer die gasheer vir die Statebondspele in 2022 sal wees nie.

“Die Suid-Afrikaanse regering het met spyt kennis geneem van die verklaring wat deur die Statebondspelefederasie uitgereik is. Ons wil dit duidelik maak dat hoewel ons nie met die inhoud van die verklaring saamstem nie, aanvaar ons die besluit,” het hy gesê.

Mbalula het gesê die besluit is geneem ten spyte van die positiewe reaksie van die spele se evaluasiekommissie oor Durban se potensiële kapasiteit. “Toe die spele aan Suid-Afrika toegeken is, het ons nog nie die gasheerooreenkoms geteken nie. Klousules in die ooreenkoms sou Suid-Afrika ernstig benadeel en die regering was nie bereid om ʼn oop waarborg te teken, wat aandui dat die regering enige potensiële tekort in die begroting vir die voorbereiding en aanbieding van die spele sal dek of dat die regering subsidies of huurkostes verbonde aan die Statebondspeleblyplek waarborg nie.”

Volgens Mbalula het daardie vereistes daartoe gelei dat Durban se finansiële waarborg as die gasheerstad vertraag is. Hy het gesê die minister van finansies het in Junie 2016 ʼn operasionele begroting van R2 660 928 000 en ʼn gebeurlikheidsbegroting vir die spele onderteken.

Hy het gesê uit lesse wat tydens die aanbied van vorige groot geleenthede geleer is, was die regering nie bereid om ʼn oop waarborg te onderteken of ʼn groot bedrag van die fondse aan ʼn nuutgestigte private entiteit oor te betaal nie.

Alec Moemi, die direkteur-generaal vir sport en ontspanning, het egter tydens die mediakonferensie aangedui Suid-Afrika het reeds R118 miljoen bestee om die gasheerregte te bekom en hierdie geld kan nie verhaal word nie.

Mbalula het gesê die verlies is betreurenswaardig, maar die land is nie in ʼn posisie om groot finansiële beloftes te maak wanneer hy so baie sosio-ekonomiese uitdagings moet hanteer nie. “Die aansoek om gasheerregte is versigtig gedoen. Ons het nou ervaring, ons kan nie geflous word nie; ons weet wat ons wil hê.”

Hy het gesê om die spele aan te bied, sou beslis voordele vir Suid-Afrika ingehou het, maar dit kon nie “ten alle koste” gedoen word nie. Hy het bygevoeg die land sal in die toekoms weer aansoek doen om ander groot geleenthede aan te bied.

In 2022 sou dit die eerste keer gewees dat die Statebondspele, wat elke vier jaar gehou word, op die Afrika-kontinent aangebied word.

Die Statebondspelefederasie het Maandag gesê na ʼn in-diepte hersiening is vasgestel daar is “nou beduidende afwykings van die ondernemings wat in Durban se bod gemaak is”. Die federasie het gesê hy oorweeg nou ander opsies.

Die volgende Statebondspele word in 2018 aan die Goue Kus in Australië aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

FIKILE FFFFERSKONINGS! 2017 blyk dan die jaar te wees wat die ANC se kader van onbesonne onbekwame sotlikheid SA op alle moontlike vlakke kos: GELD…BETROUBAARHEID…GESIG WAARDE…KREDIET WAARDIGHEID…CREDA BILITY…maar wat wou verandwoordelikheid aanvaar! 9ns land sien sy GAT en Zuma en sy Zumaikies lag in die gesig van chaos…reguit na hul.eie belange en sakke! SKAAMTELOOS SLAPGATGEIT!

Henk ·

Die regering was NIE bereid om ‘n “oop” waarborg te bied nie, of is dit eerder, die spele organiseerders was, anders as met FIFA, NIE bereid om omkoopgeld in sekere SA politici se sakke te sit nie?

claire ·

Net nog n fool!! Hy gaan gelukkig nou nie geld onder die tafel kry nie. Sal ook niemand kan bribe soos met die sokker 2010 nie.

MANIE ·

Daars seker weer n paar randjies betaal aan omkoopgeld soos met die sokker. Die regering kan mos niks eerbaar doen. Die pateet wat homself minister noem moet ophou met sy hanswors streke en eerder probeer om sy werk te doen

Chris Ws ·

“Fire” die minister van sport.Hy is ‘n nikswerd en ‘n vernedering vir die land!

John ·

Nee, die geld is nie in die water nie, dis in iemand se sak. Natal het baie sakke.

Boerseun ·

So van wie gaan die verlore R118m nou verhaal word, seker weer ons die belasting betaler…. Die beplanning was weer nie reg gedoen, anders sou hul van die begin af geweet het die waarborg sou nie moontlik wees nie en kon die belasting betaler R118m se verlies gespaar word om in die 1ste plek nie Durban se bod te registreer vir die aangeleentheid nie….

Nice ·

Hoeveel van die geld wat verlore is word in sy sak gesteek,het nie tyd vir hom nie en sal ook nooit hê nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.