Statistiek skets skokkende omvang van land se droogtekrisis

droogte

Foto: Redcharlie/Unsplash.com

Die skrikwekkende omvang en uitwerking van die langdurige droogte in Suid-Afrika word duidelik geïllustreer deur die feit dat die land se melkboere afgeneem het van 3 561 in Januarie 2009 tot die huidige 1 228. Dit wys dat meer as 2 300 melkboere hoofsaaklik weens die droogte handdoek moes ingooi.

Wat landbou in die algemeen aanbetref, het sowat 30 000 werksgeleenthede verlore gegaan sedert Januarie verlede jaar, sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in Noordwes.

“Luidens mediaberigte word meer as 37% van alle mense in landelike gebiede ernstig geraak deur die droogte terwyl die land se omvangryke wild- en jagbedryf, wat groot getalle buitelanders lok, met sowat 80% moes terugsny op hul wild.”

Du Toit het gesê terwyl hierdie syfers geen twyfel laat nie dat die land se boere veg om oorlewing en om steeds voedselsekerheid aan Suid-Afrika te bied, is die regering traag om hulle in hierdie groot krisisuur te help. “Die regering se raad aan boere is om versekering teen droogteverliese uit te neem. Dit is skokkend.

“Die regering moet wakker skrik voor dit te laat is. Die krisis gaan nie oornag verdwyn nie. Die VF Plus vra daarom dat die regering ook deur die nasionale raad van provinsies die krisis bespreek en dringend na antwoorde soek om boere en hul werknemers van ondergang te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Stebastiaan ·

Arme regering dink seker daar is genoeg kos op die rakke van die handels winkels. So kan ons van die wit boere ontslae raak deur nie hulp te verleen nie. Kom tog by asb.

Gatvol ·

Hulle sal nie die boere help nie want dis nie ‘n Eskom of SAL waar hulle onbevoegde kaders aanstel om hulle sakke en die wat hulle aanstelling bewerk her, ryklik te vergoed nie. As die boer gehelp word, kan die kader nie iets daaruit kry nie. Kyk maar wat het met die melkplaas, die Vrystaat se premier en die Guptas gebeur.

Feite ·

Hoeveel keer nog moet die staat sy plig versuim voordat die VF- besef die ANC regering soek nie die boere of voedselsekerheid nie, maar die grond vir myn van minerale! Werkskepping van 2000 werkers per myn. Voedselsekerheid waarvan CR praat beteken dat voedsel ingevoer sal word. “Wake up and smell the roses”!

Wonner ·

En so verloor ons boere al hoe meer en meer grond…en niemand gee om nie

Bekommerd ·

Ons weet die dinge, maar wat stel VF Plus voor om dit te verhoed

Bess ·

Nee sebastian die regering weet presies wat hulle doen.hulle verarm almal soadat hulle alleen ryk kan wees.dis wat konings deur die eeue gedoen het en steeds doen.niks nuuts nie…

Rm ·

Hierdie droogte pas regering soos n handskoen, gaan plase vernuut kry. Versekering teen droogte uitneem, vertel ons boere net waar ons dit kan kry dan was daar mos geen probleme, maar wys net weereens hoe min weet die klomp narre, daar bestaan nie so iets in RSA nie, wonder of versekering damme gaan volmaak en kos ook produseer, wonder hoekom regering nie versekering teen korrupsie uitneem nie?

Joubert ·

Hoe werk ‘n parasiet? Hy teer op ‘n gesonde plant totdat daardie plant uitgeteer is en doodgaan. Die parasiet beweeg dan oor na die volgende gesonde plant toe, en sal so aanhou tot daar nie meer gesonde plante oor is nie. Daarna sal die parasiet self ook vrek, want hy het nie die vermoë om op sy eie te bestaan nie. Dink ek moes ‘n Biologie onderwyser geword het.

Jerry ·

Stem saam. Mnr Mboweni, vat die miljarde wat jy weggooi op die SAL en bou in elke groot stad/dorp op die kus ‘n ontsouting aanleg. Kan nie meer as n jaar vat nie, wel 10 jr met ANC seker

Baardman ·

Maar wat gaan hulle maak met die plase wat hulle verniet kry,dit ook net verwaarloos.

Jaco ·

Dit is nie net die droogte wat die melkboere laat stop nie. Die goedkoop ingevoerde melk en melk poeiers beteken die melkboer word verplig om sy prys te sny en meestal sny die aankopers dit eensydig en is dit nie ekonomies vir die melkboer om aan te gaan as hy voer en medisyne moet aankoop en die melkmasjiene onderhou nie. Die droogte is erg maar die staat sorg nie vir die melkboer nie

Delien ·

Melkboere neem af van 3,561 na 1,228
Is rede net die droogte?
Of ook plaasmooede?

Sandy ·

En so sal daar ‘n harsteerdag in hierdie land se geskiedenis aanbreek wanneer ons met die geld in die hand sal staan, maar daar geen brood op ‘n winkelrak te koop sal wees nie.
Die tyd loop uit…..

Attie. ·

Die ANC kan mos met hul eie oe sien die kos kom nie van plase af nie maar uit die kettingwinkels. Ek is oortuig dat min kaders besef dis landbouprodukte uit SA en nie ingevoer uit buurlande nie. Marie -Antoinette het in 1779 gese die armesmoet koek eet as daar nie brood is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.