Statistieke dui op drastiese toename in plaasmoorde

Foto: Rozier van Tonder

Die plaasmoord- en plaasaanvalstatistieke vir die finansiële jaar 2016-’17 is vandag deur die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) in Pretoria bekend gestel.

Die getal bevestigde plaasaanvalle vir die tydperk 2016-’17 is 357 en die getal plaasmoorde ’n kommerwekkende 74.

AfriForum het ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen plaasmoorde aan die presidensie oorhandig is. Die sanger Steve Hofmeyr was ook deel van die konvooi.

Lorraine Claasen, misdaadontleder by ANI, sê dat plaasmoorde ook vanjaar internasionaal onder ’n groter soeklig geplaas is, veral nadat landsburgers van onder meer Brittanje en Nederland onlangs slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika was.

“As die frekwensie van plaasaanval- en plaasmoordvoorvalle deur die 2017-kalenderjaar dieselfde bly, blyk dit dat die syfers weer gaan toeneem. Tot dusver is 113 aanvalle en 29 plaasmoordvoorvalle geverifieer.”

Claasen sê voorts dit is van uiterste belang dat alle mense in landelike gebiede hul veiligheid opskerp. AfriForum moedig gemeenskappe aan om betrokke te raak by sekuriteitsnetwerke in hul omgewing. “Dit is noodsaaklik om dit vir die aanvallers so moeilik moontlik te maak om by die wonings toegang te verkry,” sluit Claasen af.

Slagoffers en/of familie van slagoffers van plaasaanvalle word aangemoedig om voorvalle by [email protected] of [email protected] aan te meld.

Die tydperk vir dié syfers is van kalenderjaar na finansiële jaar verander sodat dit met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarlikse misdaadstatistiekeverslag vergelyk kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

m ·

ja dis heeltemal buite beheer want hierdie mense is mos grond belowe. Wonder wie dink hulle gaan die kos voorsien as al die boere uitgemoor is…..

Kosie ·

Ag Ouboet hulle vernietig n dorp se koskaste (Winkels) gryp wat hulle kan en hol weg. Waar gaan hulle nou kos kry as al die winkel eienaars hulle winkels toe hou. Al wat sal help is om hulle nie weer van kos te voorsien nie. Ek weet ek is nou wreed, maar hoe wreed is hulle?

Theresa ·

Sal graag wil hoor wat sê die presidensie hieroor.
Dis belaglik hoe hierdie aanvalle en moorde geminag word deur mede-burgers in die land.

C. Visser ·

Theresa,
Die presidensie gaan seker antwoord : dis apartheid se skuld !

Reinhardt ·

Nee, die presidensie gaan eenvoudig nie antwoord nie. Want dit traak hulle nie.

Yvonne ·

Hy gaan sê hy verstaan dit nie want dis in Afrikaans, en Daai telling kan hy nie eers uitspreek nie!

AL ·

Dankie Afriforum. Ons moet elke moontlike oplossings dink om hierdie tendens vas te vat.
Is daar al opgetree teen die ANC MP lid wie gesê wittes moet lewend begrawe word? As mnr Steenhuisen van DA en EFF se Floyd aanspreeklik gehou word van uitlatings, kan die meneertjie ook aanspreeklik gehou word?

lynni ·

Foeit tog, die seuntjie wat deur leeu aangeval is is oorlede.

andries ·

Dit is tragies, Lynni. Baie sterkte aan sy familie. Ek glo dit was n ongeluk

Elaine ·

Andries, ‘n leeu in ‘n sitkamer is nie ‘n ongeluk nie.

Michael ·

Praat help nie hoeveel vergaderings en gesprekke met die polisie en regering is al gehou die boere moet paraat word en hulself en hulle eiendomme beskerm.Die probleem sal stop as die media elke dag berig dat twee of drie plaasaavalers doodgeskiet is toe hulle ‘n boer op sy plaas wou aanval

Zeus ·

Ek stem saam Michael. Ons sal onsself moet bewapen en beskerm. Dit is die eenigste oplossing. Ek moedig almal aan, gee nie om waar jy in die land bly, om hul self te bewapen en onafhanklik te wees van die gebroke polisie stelsel.

Rynhardt ·

Vir jare het ek uitgespel dat plaasmoorde word aangemoedig en wie agter dit sit.Wanneer gaan wittes wakker word? Anc wil alle plase he en jy mag as witte geen bestaansreg he in SA nie.Steve Hofmeyr, ek het jou op 10Februarie op Radio Helderberg aangemoedig om Trump in VSA te gaan besoek, die omroeper Anel du Plessis het dit ook gedoen.Geen aanstaltes is deur jou gemaak nie.Nou hang jy weer by Afriforum uit.Dit lyk vir my jy leef as bekende net vir publisiteit!Ek sal ons mense altyd bystaan en hul oe oopmaak.Moorde gaan ongelukkig op ons mense nie stop nie.

AN ·

Wat op aarde sal dit nou help om Trump in te lig? Wat sal hy doen – simpatiseer?

Cherokee ·

Netjies gesê, AN. Wat op aarde verwag die Reinhardts van Donald Trump om te doen?
Reinhardt, wanneer gaan die wittes wakker word vra jy? Wat het jy gesê wat nie algemene kennis is nie? Wat het jy gesê wat nie elke dag in hierdie forums herhaaldelik gesê word nie? Tel hoeveel keer jy in een paragraaf ‘ek’ (en my) gesê het.

Johanna ·

Dis hartverskeurend om die getalle so te sien. skokkend. kan my nie indink hoe die boere hieroor voel nie. Dankie aan al die mense wat so getrou bystaan, Ek is woordeloos. dis nooit eens voorblad nuus nie.

Elizabeth ·

Die hele plan van die regering is om blank stelselmatig te vermoor, hulle kry ons nie andersins uit of onder nie. Alles is nou al probeer van BEE, SEB, ekonomise bemagtiging, dreigemente van grondgryp, 114 wette wat teen ons geskryf is, haatspraak, rassisme, “white manopoly” white power”, noem dit en die anc het dit teen ons gegooi, maar nog kon hulle ons nie knak nie! Met voer en water skaarste het ons die boere en gemeenskappe self gehelp, sonder die regering se hulp, nog kon hulle ons nie knak nie!!! Enigste uitweg vir die anc, moor ons een vir een uit! Niemand gaan my anders oortuig nie, dit is die waarheid! Hulle slaan ons waar dit die seerste maak, grusaam en wreed!

jano ·

Elizabeth jy is 100% reg
Dis so eenvoudig vir hulle met die krulle
Blankes sal nog n klompie jare vas staan maar uiteindelik soos hoer op in Afrika verdwyn

Rynhardt ·

Voordat ek vergeet, ek het Saterdag 22April 2017 aan n internasionale debat op internet oor Suid-Afrika deelgeneem.Ek het Amerikaners ingelig oor die moorde wat op ons blankes plaasvind en ook verwys na die ekonomie wat Anc opsetlik doodgemaak het.Ek bly vir julle ouens opstaan!

Eugene ·

Rynhardt sal interresant wees om meer inligting te he oor die debat en in watter hoedanigheid jy opgetree het. Glo nie Trump of enige Amerikaner kan ons help nie.

Pushy ·

Almal wat so se TRUMP gaan ons nie help nie . nee dalk, nie in persoon nie, maar DINK ASB aan die APARTHEIDSJARE, hoe dink julle het die ANC aan bewind gekom? AGV DRUK van die OORSESE LANDE agv apartheid. BAIE Lande het sanksies teen SA toegepas agv Apartheid, baie swartmense het as EXILES in ander lande gaan studeer en sommige het WEERMAGOPLEIDING ontvang om hierdie wrede wittes te kom regsien . toe word nie ‘n skoot geskiet nie . die NP gee die land aan die ANC persent, verniet … DIE PUNT Is . WAT WAS DIE OORSAAK? Druk op die ou NP regering DEUR OORSESE LANDE . so ja . dit kan help .dit gaan dalk net tyd vat . apartheid het 40 JAAR gevat om uitgeroei te word, stuur die fotos van vermoorde blankes die wereld in, skryf boeke, skryf artikels, met sosiale media en internet is dit NOG makliker …. DRUK NET HARDER !!

M ·

Dis maklik om te sê boere moet hul als in hul vermoë doen om hulself te beveilig, maar dit kos geld, baie geld en waar gaan dit vandaan kom.

Lizl ·

Rynhardt, en ja Steve was aanvanklik bereid om VSA toe te gaan, en bereid om sy eie kostes te betaal. MAAR, MAAR, soos altyd loop ons mense ook nie altyd `n reguit paadjie nie . Ek neem hom nie kwalik dat hy homself gedistansieer het van die storie. Internet debat maak nou wat van jou ? Ek stuur ook heeldag sms`e en neem alles deel. Ek skenk geld orals, Solidariteit, afriforum, Sonette se KLein Vallei. Ten minste neem Steve AKTIEF en FISIES deel aan optogte. Jy klink my sit net en speel op die internet. Nog `n facebook cowboy !

anton ·

Dit is hoekom ons Afrikaners nerens sal kom nie want ons veg teen mekaar!!!
Ons kon nog nooit saamstaan nie.
Skuus slegs een keer en dit was by Bloedrivier.

Malboer ·

Stig n private sekuriteit maatskappy, kry afriforum en solidariteit betrokke en kry die ouer veterane om deel te wees daarvan om op permanente basis 24/7 te patroleer op plase.

Cherokee ·

Malboer, jy kan nie al daai werk net aan witmense gee nie! Ken jy nie van ‘regstellende aksie’ nie?

What a joke ! ·

Hul regstellende beleid aksie en nog vele meer dring in op my bestaansreg en is blatante rassisme en diskriminasie nes soos dieselfde apartheid wat hul die anc alewig so holrug gebruik teenoor die blankes!!!.
Dis presies wat ons moet doen as blankes ons g**e aan hul afvee en blankes aanstel soveel ons wil!!!!!
Die optogte is n goeie ding maar nog te min miskien belasting begin terug hou en nog veel meer dis al hoe die blankes in Afrika gehoor sal word,om saam te staan in hul miljoene en dit te wys!!!!~Blankes dis Tyd om jou stem dik te maak of stilweg uitgedruk word!

Bert ·

Die altyd verslegtende misdaadsituasie speel voor ons af in stadige aksie. Binnekort gaan die ondenkbare ook die nuwe normaal word: rassekonflik soos in Coligny gaan sekerlik net meer word.

Johan ·

Dan vra mense hoekom hou baie mense die verskriklik mense vreter pitbull honde aan (wat hulle nie is nie ) hulle beskerm net wat hulle sin is ….want ons regering en saps doen niks nie ….snaaks dis die mense wat sukle wat die boere uit moor as daar nie boere is nie is daar nie werk nie so die wat arm is word net armer maar ja dis seker nie altyd maklik om so ver te kan dink vir seker mense nie

Ek stem Johan ·

Dan kry die tannies die DIEWE lammer wat deur die PITTBULLS aangeval is en skiet die honde dood en lewer TOESPRAKE op RADIOPROGRAMME en skryf artikels oor hoe WREED hierdie pittbulls INBREKERS uitmekaar geskeur het en dat die honde nie in Society hoort nie .WITMENSE, net om polities korrek te wees, die feit dat die inbrekers die mense in die huis kon martel, verkrag en vermoor word heeltemal afgewater . the POOR MEN who were RIPPED apart by the dogs .. the DOGS WERE KILLED IMMEDIATELY – VREKGESKIET soos hulle dit noem .. Honde wat hulle ERF en hulle MENSE probeer beskerm is ook nou al rassisties! Agneewat die land het ‘n JOKE geword, maak nie saak hoeveel mense kom waar byeen nie .. die polisie, die regering, die wetstoepassers werk nie saam nie, hulle BLAAS net verder HAAT AAN!

Luister ·

HAAI RERIG? Die regering ontken dit dan? Die regering se daar is geen toename in plaasmoorde of moorde op wittes nie, dit is alles net huisroof (that went wrong). Alles word afgemaak as diefstal, of mense wat sleg betaal word en dan hulle werkgewers (boere) vermoor, ons almal weet dit is nie so nie, maar solank die MASSAS dit glo, so lank gaan daar plaasaanvalle wees en niemand iets daaraan doen nie .. jy koop mos jou kos by WOOLLIES >!! Die ANC het tekere gegaan in Apartheidsjare oor ELKE klipgooier wat met ‘n rubberkoeel raakgeskiet is maar ons moet STILBLY oor die marteling van WITMENSE op plase . MAAK DIT AAN DIE WERELD BEKEND .. erens moet iemand luister!!

BOLANDER ·

C Visser, hulle gaan tien teen een ok sê dit is Jan van Riebeeck se skuld.

Bert ·

Hoeveel boere vs hoewe/plot mense word vermoor? Ek kry die indruk dat dit meestal hoewebewoners is wat geteiken word. As dit die geval is dan praat ons oor iets anders hier.

Mariné Lourens ·

Dagsê Bert

Dankie vir jou kommentaar. Lees gerus hier vir ‘n meer in-diepte ontleding van die statistieke. Daar word onder meer ‘n onderskeid getref tussen hoeveel aanvalle op plase en hoeveel op kleinhoewes gebeur het.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

popeye ·

Cherokee, ek kraak my vir jou pittige opmerkings (x3) op hierdie kommentare! Daar is lesers wat jou verpes hieroor! Doe so voort! Politiek is immers ‘n. Comedy of errors.

Albert ·

Gits Rynhart maar jy is n yster! “Ek” dit en “ek” dat en jy het nog tyd on op Maroela ook te wees? Ja swaer

snoepie ·

Hoe bedoel jy Michael. Vertel meer? Bly jy op n plaas? Elke bietjie raad is welkom

Charles Rossouw ·

Die Voortrekkers en die boere republieke was in baie moeiliker omstandighede, om ons toekoms te verseker is nie so moeilik.

Marina ·

Ja vandag is mos vryheids dag n vakansiedag! Ons wit mense was nog nooit vry nie en ons is nou nog nie vry nie wat moet ons se? Kyk hoe word ons boere en witmense uitgemoor! Noem hulle dit vryheid?? Die presidensie sal niks se of doen aan hierdie moorde op ons boere nie want hulle is kop in een mis met die moordenaars! Dis waarom die moordenaars vry gespreek word op moord op n boer!! Die beste is neem die reg in eie hande dis al wat sal keer vir uitsterwing van ons boere sowel as witmense. Dis my opinie en der duisende mense sal saam my stem want die regering doen absoluut boggerall vir ons wit mense nie behalwe om ons verder te verdruk!! Steve Hofmeyr vir President ASB!!Of Gerrie Nel dis al oplossing.

Kader ·

Hoeveel moorde sover hierdie finansiele jaar (vanaf 1 Maart)?

stefan ·

die Rynardt mannetjie is sowaar n vasvatter met sy mond.

Rugby word op die veld gespeel nie in n koerant. (plaasmoorde word nie op die internet gepleeg nie. maak jou hande vuil.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.