Statistieke in mosie vir grondonteiening ‘berus op fiksie’

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake sê die mosie deur die EFF en die ANC vir onteiening sonder vergoeding berus op “statistiese fiksie” oor grondeienaarskappatrone in Suid-Afrika.

Luidens ʼn ontleding deur Agri Development Solutions is grondeienaarskap in Suid-Afrika veel breër oor rasgroepe versprei as wat in die mosie beweer word.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, sê die mosie behoort onder sy eie feitefoute in te plof.

“Die mosie verskaf drie grondeienaarskapstatistieke om onteiening sonder vergoeding te regverdig. Maar al drie statistieke is foutief, wat die mosie laat berus op statistiese fiksie. Inderwaarheid versprei grondeienaarskap in Suid-Afrika voortdurend en aansienlik oor rassegroepe,” sê hy.

Die mosie voer onder meer aan: “Die swart (Afrika)-meerderheid was slegs beperk tot 13% van die grond in Suid-Afrika, terwyl wit mense 87% aan die einde van die apartheidsregering in 1994 in besit gehad het.”

Le Roux sê hoewel dit waar is dat grondeienaarskap van swart, bruin en Indiër -mense voor 1994 beperk was, veral sedert die Wet op Grond van 1913, is die aangehaalde syfers foutief.

Grond in regeringsbesit, grond in die voormalige tuislande, selfregerende state en die grond van ontwikkelingtrusts alleen het volgens hom in 1994 op 28% van totale bruikbare grond in Suid-Afrika te staan gekom. Hy sê daar moet verder ook in gedagte gehou word dat die insluiting van die halfwoestyn, skaarsbewoonde Noord-Kaap, wat sowat 30% van grondoppervlak in Suid-Afrika beslaan, in nasionaal-versamelde statistieke die prentjie heeltemal verwring.

“Daar kan nie redelikerwys beweer word dat wit mense teen 1994 87% van alle grond besit het nie,” sê hy.

Le Roux meen daar is ook foute in die vierde en vyfde paragraaf van die mosie. Die mosie voer aan dat slegs 8% van die grond sedert 1994 aan swart mense oorgedra is (par. 4) en dat swart mense minder as 2% van landelike grond en minder as 7% van stedelike grond besit (par. 5). Volgens hom is dié syfers nié akkuraat nie.

“Volgens die beste beskikbare statistiek besit swart, bruin en Indiër -mense in Suid-Afrika tans sowat 38% van bruikbare grond in Suid-Afrika, en 27% van landbougrond. Meer nog, selfs by monde van die departement van landbouontwikkeling en grondsake, besit swart, bruin en Indiër -mense 46% van erfoppervlak in dorpe en stede,” sê hy.

“Daar moet gemeld word dat die beduidende uitbreiding in grondeienaarskap in onlangse dekades plaasgevind het ten spyte van die regering se selferkende mislukking in grondrestitusie en -hervorming. Hierteenoor was suksesse met grondhervorming grotendeels die gevolg van welwillendheid tussen mense van verskillende rassegroepe in Suid-Afrika, en gewone vryemarkaankope en -verkope.”

Le Roux sê die ANC en die EFF se beleid van onteiening sonder vergoeding dreig om die enigste twee bronne van suksesvolle grondhervorming, welwillendheid en die vryemark, te verwyder.

“Om skande by skade te voeg, wys alle aanduidings dat die partye van plan is om die staat die eienaar van grond te maak, wat sal lei tot selfs minder swart, bruin en Indiër -eienaars as wat tans bestaan. Enige ondermyning van die eiendomsreg van wit grondeienaars sal ook ten koste van die eiendomsreg van alle rassegroepe in Suid-Afrika kom,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annalien ·

Dit is alles goed en wel, wat is die volgende stap? Ek is ‘n pensionaris en huiseienaar sonder verband in dorpsgebied. wat staan my en my man te doen?

KG ·

Ek iis nou glad nie ‘n kenner in die gebied van politiek of grond besit nie, maar ek kan nie help om te voel dat die hele grondonteiening storie ‘n wortel is wat veral die EFF en ANC voor hul lede se neuse swaai nie en wat op doe ou end ten moste van ons land se ekonomie gaan wees. Ek weet regtig nie hoe CR dit gaan bewerkstellig sonder dat dit die ekonomie nie negatief gaan beinvloed nie.

Dis mou al oor en oor bewys datgrondonteiening nie werk nie. Dis ook al genoem dat meeste van die begunstigdes soek die geld, nie as sulks die grond nie.

ferdi ·

La hul probeer my grond vat hirdi is ni Zimbabwe ni ons sal ni oorgee soos da ni

Rupert Ashford ·

Hulle wil nasionaliseer onder die dekmantel van restitusie en “nailing the white man” wat die rassistiese hartsnare van die meerderheid in die land roer. Enigste alternatief is om ‘n koalisie van besorgde groepe oor rasgrense te kry wat op voetsoolvlak aan mense verduidelik dat niemand toegelaat sal word om grond te besit nie. Dit mag dalk suksesvol wees maar om dit net ‘n besorgdheid oor wit grond te maak sal nie werk in die SA politiek nie.

Al ·

En die trust van Zulu koning Zwelentini beskik oor 3miljoen hektaar!

Paul ·

Dis hoekom Cyril eersdaags met al die tradisionele leiers gaan konsulteer om hul vrese te besweer. Terloops, kyk maar waar sit die trusts wat in die hande van die tradisionele leiers is, hoe groot daai gebiede is, hulle bedryf dit soos ‘n feudale stelsel. Die gebiede in die ou Boputhatswana, Venda, Tsonga, al daai gebiede langs die Wildtuin af in Limpopo en Mpumalangs, Kwazulu-Natal, die ou Cickei, die ou Transkei. Dit is nou die landelike gebiede, dan praat ek nie eens van die Kaapse Vlake en hordes ander gebiede soos Soweto, Alexandra, nedersettings wat oor yslike gebiede in al die provinsies strek.

Ek sal graag ‘n wawiel grafiek van die eienaarskap van alle grond in die land wil sien, ook dit wat die % grond wat in die hande van die regering is, wys. As die onderhandelaars soos Afriforum en en en, betreffende die be-oogde grondonteiening so ‘n grafiek na die tafel toe kan bring wat die jongste geouditeerde syfers bevestig, kan daar mos net sinvol oor gesels word. Op hierdie stadium pas dit die regering en Malema dat verkeerde syfers, en dit sommer gross verkeerd, die rondte doen wat deur hulle as bewys, nader gehark word.

Vermeemde ·

Fiksie is die teenoorgesteld van die werklikheid, dis onaatasbaar en opgedroom, iets wat so ver van die werklikheid verweider is en voorgehou word as feite om die mens te vermaak.
Grond onteiening is nie fiksie nie, dis die harde werklikheid van Afrika en die konstutisie en grondwet wat ons moet beskerm is die fiksieverhaal, opgedroom deur de klerk en geskryf deur roelf meyer om die NP ondersteuners te kon vermaak.

Wim Kotze ·

Vertaal die berig in Engels en stuur dit aan Ramaposa se kantoor, en sommer aan Lutulihuis ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.