Statistiek oor plaasaanvalle en -moorde vrygestel

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het Donderdag bekend gemaak dat daar sedert 1 Januarie 1990 meer as 1 700 plaasmoorde in Suid-Afrika was.

“In 2007 was daar ’n styging van ongeveer 25% in plaasaanvalle. In dieselfde jaar het die departement van polisie besluit dat geen verdere statistieke ten opsigte van plaasaanvalle en plaasmoorde vrygestel mag word nie. Om hierdie rede sê ons dat plaasmoorde as’t ware deur die regering gedeprioritiseer is. Sedertdien is dit aan die burgerlike samelewing oorgelaat om self data in te samel,” het AfriForum en TLU SA gesê.

Volgens die organisasies was daar ʼn totaal van 277 bevestigde plaasaanvalle en 67 bevestigde plaasmoorde in 2014. “Dit wil egter voorkom of die statistieke ten opsigte van 2015 tot op hede selfs donkerder as 2014 se syfers is.”

Gedurende die oggend van 12 Januarie 2015 het twee plaasaanvalle plaasgevind, waartydens drie moorde gepleeg is. Sedert 1 Januarie is daar al nege plaasmoorde in totaal gepleeg. Dit is meer as een plaasmoord elke twee dae. “As hierdie tendens ’n aanduiding vir die tempo van plaasmoorde in 2015 gaan wees, beteken dit dat daar in hierdie jaar meer as 200 plaasmoorde sal wees,” het die organisasies gesê.

Beide AfriForum en TLU SA het hulle kommer uitgespreek oor die politieke klimaat wat in Suid-Afrika geskep is, ingevolge waarvan geweld teen boere geromantiseer word. “Ons ervaring is dat Suid-Afrika se voedselproduseerders as politieke slaansakke gebruik word en deur politici as sondebokke vir Suid-Afrika se krisisse voorgehou word. Die feit dat die regerende party nie hulle weg oop sien om uit eie oorweging in die openbaar standpunt in te neem vir die beskerming van boere se regte nie, word as bevestiging hiervan beskou.”

Volgens AfriForum en TLU SA is die golf van plaasmoorde wat die land teister, ook ’n bevestiging dat die polisie se landelike veiligheidsplan nie doeltreffend is nie.” In die eerste plek is ons van mening dat die plan die situasie mistas omdat daar geen vermelding van plaasmoorde gemaak word nie. Enige poging om oor landelike veiligheid te praat sonder om aan plaasmoorde erkenning te gee, sal futiel wees. In die tweede plek is die plan nie doeltreffend nie omdat dit nie op grondvlak geïmplementeer word nie.”

Die twee organisasies het ook die volgende inligting en grafieke beskikbaar gemaak rakende plaasaanvalle en –moorde:

Kwesbare areas:

• Geteisterde gebiede:
o Gauteng – Noord van Pretoria (Wallmansthal)
o Mpumalanga – Ermelo Korridor
o Limpopo – Tzaneen en die Vivo Gaping
o Noordwes – Brits en Rustenburg
o Vrystaat – Bloemfontein / Botshabelo

• Nuut-geaktiveerde gebiede:
o KZN – Vryheid, Middellande en Suidkus
o Oos Kaap – Barkly Oos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jan ·

Ons, die blanke Afrikaner word geterroriseer in ons eie land. Ons is ontwapen. Ons burgermag eenhede is van ons af weggevat. Hoe moet ons onsself beveilig? Praat met die regering wat deur ons bevonds word, help nie. Ons kinders word geterroriseer met universiteits innames en werksaansoeke. Totale verval van staatsinstellings is aan die orde van die dag. Dis nie meer n trots om die land, ons land te noem nie. Arikaners ons sal moet saamstaan, kry kleinpolitiek uit die pad, want ons almal gaan aan die verloorkant wees. Ondersteun die organisasies wat dit wat met ons gebeur, aan die buiteland versprei(VVO, Den Haag) Probeer ook self soveel as moontlik propaganda oorsee stuur na familie, vriende, kennisse, ens. ONS SAL MOET BEGIN SAAMSTAAN !

Leeutjie ·

Jan, uitstekend gestel! Ek is net bietjie besorg dat meer propaganda oorsee ons toerisme kan kelder, wat natuurlik ook weer meer werkloosheid kan veroorsaak.

Ons het werklik iemand nodig in die regering wat propaganda vir ons blankes kan verder vat en o.a. stellings van Bheke Cele kan teenstaan. Dat swart boere ook ly op hierdie stadium sluk ek swaar want hulle is nie op die gevorderde stadium van die blanke boere se bestuur en bedryf nie. Ek sal graag op die stadium statistiekgewys wil weet hoeveel swart suksesvolle boere daar is om my vertwyfeling die teendeel te bewys.

AndreR ·

‘n boer maak ‘n plan. Ek dink die boere moet maar self na hulle veiligheid omsien! Vir ‘n begin, staak eers so bietjie (soos mynwerkers, poskantoor amptenare ens.) . Hou produkte terug van die mark en verhoog die pryse soos die aanvraag toeneem (veral mielies, koring en beet…). Stel minimum pryse vas en maak seker die wins is groot genoeg. Met die ekstra wins kan sekuriteit opgeknap word. Ek dink ook dit is tyd vir ‘n heffing op plaas produkte wat aangewend kan word om ‘n plaas beveiligings mag daar te stel. Dit is nou tyd om saam te staan. Laat die massas help betaal vir julle veiligheid! Maar net ‘n gedagte…

Asjas ·

Hierdie is seker die beste plan wat ek al ooit gehoor het en wens regtig iemand wil dit vat en die bal aan die rol sit. Enigste probleem is, jou beveiliging gaan moet wit mense wees sodat daar werk geskep kan word vir die “currently disadvantaged” WEE. Maar ons mag mos nie sorg vir ons eie nie dan is jy ‘n rasis of diskrimineer. Ons vra niks van die regering of Polisie nie? Ons kan ongelukkig nie ander mense aanstel nie want hul verkoop die inligting by die Shebeen of kom plunder sommer self …

Shannon ·

Dit moes seker `n groot verassing gewees het vir die TLU en kie toe die magsbesope ANC die moord stats met `n snot klap gepos het. Ek meen siende nou dat die ANC dan juis beloof het tydens die beraadslaging by koudesa etc. om mooi aandag te gee aan die wiggies en teen wiggies.
En sowaar .. nadat al die trog varke mekaar omtrent uit die pad gestamp om `n sit plekkie te kry by die onderhandeling tafel, nou blyk dit al die here se bydraes ook in die vergetelheid vergaan.

Hoe’t hulle dit nou weer gestel .. ? “Mens kan nie buite bly nie, ons moet onderhandel ..”

Tsssja kyk, dank vader die onderhandelinge het toe plaasgevind nê. Anders was daar nou groot skaalse moord en doodslag, ineensorting van publieke dienste, power ekonomie en `n swak Rand.

Lindie Lourens ·

Ek is ‘n boervrou en lees almal se planne. Dis goed. Oestyd is oestyd! Oeste kan nie bly sit nie, dit moet af en as dit af is, moet dit weg! Niemand het genoeg stoorplek vir ‘n hele oes nie. Die planne is nie altyd uitvoerbaar nie. Nog ander planne dalk?

Lindie Lourens ·

Skuus, nog iets , boere stel ook nie pryse vas nie, hul moet vat wat hul kry.

Leeutjie ·

Sal ek ook graag wil weet Lindie. Was dit ‘n stelling of ‘n aanval? Kom ons neem aan dis ‘n stelling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.