Steeds geen aankondiging oor nuwe brandstofprys

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Met minder as 40 uur oor voordat Junie se brandstofprysveranderings in werking tree, moet die regering nog die presiese brandstofprys aankondig wat verbruikers van Dinsdag om middernag sal moet betaal.

Volgens data van die Sentrale Energiefonds (SEF) sal petrol na verwagting met tussen R1,60 en R1,62 per liter styg, en paraffien met R2,14 per liter.

Die regering het teen die einde van Maart die brandstofheffing met R1,50 vir April en Mei verlaag en dit het tydelike verligting vir verbruikers gebring.

Die DA het verlede week bekendgemaak dat hy ’n brief aan die ministers van energie en finansies wil oorhandig waarin die party eis dat die brandstofpryse verlaag word. Binne ses dae het byna 70 000 Suid-Afrikaners dié brief onderteken.

Die DA maak in die brief verskeie voorstelle oor hoe daar ingegryp kan word. Dit sluit in

  • die skrap van die algemene brandstofheffing,
  • kwytskelding van die padongelukkefondsheffing en
  • die deregulering van die brandstofprys.

Kevin Mileham, DA-lid van die portefeuljekomitee oor minerale bronne en energie, sê die regering is ongetwyfeld bang vir die groeiende reaksie wat reeds opbou teen hierdie brandstofprysverhoging.

“En met die toenemende besef van die 33%-belastingkoers op brandstof, is Suid-Afrikaners reg om woedend weerstand te bied teen enige verdere prysstygings,” sê Mileham.

“Terwyl die land nou wag op Junie se brandstofprysaankondiging staan die ANC-regering voor ʼn uiters belangrike en ernstige toets: Sal hy omgee, of sal hy voortgaan om Suid-Afrikaners in armoede te belas?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Burgermeester ·

Die ANC bevind hulself tussen ‘n klip en ‘n harde plek. Hulle het die geld nodig sodat hulle Kuba in die geheim kan betaal, maar aan die ander kant gaan die mense vir hulle baaaaaie kwaad wees as hulle die pryse opstoot.

Henry ·

Hulle weet hulle gaan baie strooi optel. Dit is hoekom hulle so draai en draai.

Waarnemer ·

Die aNC regering sal voortgaan om ons te belas anders gaan hulle eie sakke leeg raak.

domheks ·

Net solank die kaders nog meer kan gryp is hulle tevrede!

Pietertjie ·

Nee wat, die ANC regering is maar traag om hierdie goue kraantjie permanent toe te draai. Hulle het dit in die eerste plek net effens gedraai om ‘n moontlike opstand onder our people te voorkom (taxi-drywers uitgesluit om een of ander duistere rede), en ook om steun te werf vir komende konferensies en verkiesings. Die effek het klaar oorgewaai (soos die reënboogvlag) en die geldjies is in elk geval nodig om ander dinge te subsidieer.

Annamarie ·

Kan mos nie ontslae raak van die gans wat die goue eiers gee. Eish!!

Kobus ·

Dink dis nou tyd dat almal hande vat met Taxi organisasies. Hulle het spiere, ANC is vrekbang vir hulle. Die eerste mense wat benadeel gaan word is die huishulpe. Dan moet werkgewers help maar voedsel en klere kos eweveel en mense kan nie nie meer noodsaaklike voedsel bekostig nie. ANS voel ‘n veer vir ” the poor” Hulle, ” the poor” is net tydens verkiesings belangrik.

Johann101 ·

Die regering is nie bang vir die taxi bedryf nie… hoekom nie?… Want taxi’s word 50% gesubsidieer op wat hulle betaal by die petrolpomp…

Delia ·

Die taxis word gesubsidieer deur die regering..of so dink ek.
Sien jy ooit n taxi brandstof ingooi waar ek en jy dit doen. En hulle praat nooit teen die brandstofprys. Hoekom nie???

Johan ·

Hulle kan die belasting terugeis, die cANCer is nie so dom nie. Die Taxis sal hul opdons.

Maritza ·

ANC het ons aan die sjort & curlys beet en daar is niks wat ons daaraan kan doen.

Nationalist ·

Die regering wag vir die swak posisie van die Rand en sal dan aankondig.

Anel ·

Hulle voel ‘n veer vir gewone mense. Die meer as R300 milj verhoging wat die kaders kry moet iewers vandaan kom.

Nico ·

Die regering steek die helfte van die petrol prys in sy sak. Sasol, jy speel saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.