Steeds geen antwoord oor Rugbykampioenskap

Die Springbokke het verlede jaar se Rugbykampioenskap gewen nadat hulle Argentinië met 46-13 geklop het. (Foto: AP Photo/Florencia Tanjun)

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Saterdag gesê daar sal teen vroeg volgende week bekend gemaak word oor of die Springbokke aan die Rugbykampioenskap sal deelneem.

Daar is wyd verwag dat die besluit vandag reeds aangekondig sou word. “Daar is nog verskeie hekkies wat oorkom moet word as dit [die Springbokke se deelname] bevestig sou word,” het Saru in ʼn verklaring gesê.

Die Springbokke is in die stadium geskeduleer om van 7 November tot 12 Desember in Australië hul titel te probeer verdedig.

Die regering het reeds die verbod op internasionale sportdeelname opgehef en regulasies in die verband is vroeër die week in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens SA Rugby soek hy egter verdere duidelikheid van die departemente van sport en vervoer oor die impak wat die regulasies op die Springbokke se beplande deelname sal hê.

“ʼn Finale besluit sal waarskynlik eers vroeg in volgende week gefinaliseer word sodra duidelikheid gekry is en dit intern geassesseer is met Saru se Sanzaar-vennote.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Bly maar liewer by die huis ouens sodat julle nie verneder word nie. In NZ speel hulle al drie maande krag teen krag rugby. En julle…twee, drie, vier wedstryde, en ‘n proewe wedstryd.

Jacobus ·

Sedert die FloydNthethwa intervensie in ons sport kan hulle dit maar druk. Ek is net jammer vir talentvolle jong mense wat uit sport en feitlik alle aktiviteite uitgespoeg word. Mens wil huil vir hulle

Termiet ·

Boikot sa sport totdat die politikuste hulle daar uithou.

JBN ·

Hierdie Anc bontebokspan moet maar eerder by die huis bly en teen bafana bafana speel dan kan hulle dalk wen. Ons moet hulle boikot totdat hulle hierdie Anc kwotabeleid van hulle laat vaar.

Androclus ·

Wat is fout met die span,dis nie die span nie dis die regering

Michael ·

Springbokke….wie voel nog ‘n veer wat SA rugby aanvang?

Scalla ·

Bly eerder tuis dat die kwota span met sy voorman nie verder verneder word nie.

Sarel ·

Die vriend van SARU by name die Mknister vzn Sport gaan weer baie voorwaardes, soos BLM en BEE en die Politieke samestelling vzn die span

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.