
Die Springbokke het verlede jaar se Rugbykampioenskap gewen nadat hulle Argentinië met 46-13 geklop het. (Foto: AP Photo/Florencia Tanjun)
Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het Saterdag gesê daar sal teen vroeg volgende week bekend gemaak word oor of die Springbokke aan die Rugbykampioenskap sal deelneem.
Daar is wyd verwag dat die besluit vandag reeds aangekondig sou word. “Daar is nog verskeie hekkies wat oorkom moet word as dit [die Springbokke se deelname] bevestig sou word,” het Saru in ʼn verklaring gesê.
Die Springbokke is in die stadium geskeduleer om van 7 November tot 12 Desember in Australië hul titel te probeer verdedig.
Die regering het reeds die verbod op internasionale sportdeelname opgehef en regulasies in die verband is vroeër die week in die Staatskoerant gepubliseer.
Volgens SA Rugby soek hy egter verdere duidelikheid van die departemente van sport en vervoer oor die impak wat die regulasies op die Springbokke se beplande deelname sal hê.
“ʼn Finale besluit sal waarskynlik eers vroeg in volgende week gefinaliseer word sodra duidelikheid gekry is en dit intern geassesseer is met Saru se Sanzaar-vennote.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Bly maar liewer by die huis ouens sodat julle nie verneder word nie. In NZ speel hulle al drie maande krag teen krag rugby. En julle…twee, drie, vier wedstryde, en ‘n proewe wedstryd.
Sedert die FloydNthethwa intervensie in ons sport kan hulle dit maar druk. Ek is net jammer vir talentvolle jong mense wat uit sport en feitlik alle aktiviteite uitgespoeg word. Mens wil huil vir hulle
Boikot sa sport totdat die politikuste hulle daar uithou.
Hierdie Anc bontebokspan moet maar eerder by die huis bly en teen bafana bafana speel dan kan hulle dalk wen. Ons moet hulle boikot totdat hulle hierdie Anc kwotabeleid van hulle laat vaar.
Springbokke….wie voel nog ‘n veer wat SA rugby aanvang?