Steeds geen burgemeester vir Bloemfontein

Bloemfontein. (Argieffoto: Facebook)

Die VF Plus het in ʼn brief aan die speaker van die Mangaung-metroraad (Bloemfontein), Mxolisi Siyonzana, opnuut versoek dat die raad spoedig ʼn nuwe burgemeester moet verkies.

Tien maande nadat die vorige uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, deur ʼn mosie van wantroue deur die VF Plus verwyder is, is die pos steeds vakant.

Bykomend tot die feit dat die Mangaung-burgemeesterspos steeds vakant is, is die waarnemende burgemeester onwettig vervang deur ʼn waarnemende-waarnemende burgemeester.

“Sonder politieke leiding en leierskap kan die metro nie vooruitgaan nie,” sê Elizabeth Snyman van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metroraad. “Daar is geen politieke wil om die metro se probleme op te los nie, maar weens die faksiegevegte binne die ANC word die burgemeestersverkiesing met opset uitgestel om te voorkom dat ʼn opposisielid as burgemeester verkies word.”

Van Deventer sê kiesers moet in die komende verkiesing saam met die VF Plus opstaan om te verseker dat bekwame verteenwoordigers, wat die belastingbetalers van Mangaung se belange op die hart dra, beheer neem in die munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michal ·

dit lyk of n stad nie rerig n burgermeester nodig het, ons kan 2miljoen n jaar spaar, ek sê kanseleer daai pos verewig

Skillie ·

Stem daar’s geen verskil toe daar n burgermeester was en nou sonder een Bloemfontein is n rommelstad alles loop oor of val uitmekaar.

Eltan ·

Stem volkome saam.
Daai twee miljoen kan gebruik word om die stad te begin reg ruk…dit is jare lank al nie meer die rosestad nie…maar eerder die mishoop van die Vrystaat…

annie ·

Die vreeslike spul hoèlui in elke dorpie, deesdae selfs sonder ‘n poskantoor of werkende kroeg, is belaglik. Duur motors en huise en uitspattige byeenkomste toon net ons oorryp-piesang-mentaliteit van niks-gewoond-niks-verantwoordelikheid. Die VF Plus kan gerus iets belangriker vir die inwoners as tema vir ‘n optog na die smerige munisipale uitdink.

Kokerboom ·

Waar is dae, toe dinge nog gewerk het, dat ‘n burgemeester nie uitvoerend en simbolies was en jou Stadsklerk die HUB was???

johann ·

Dis reg. Die burgemeester was ‘n politieke aanstellimg en die stadsklerk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.