Steeds geen nolle prosequi-sertifikaat oor Jiba

Nomgcobo Jiba (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ’n skrywe aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), aangevoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se volgehoue weiering om Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed te vervolg of privaat vervolging moontlik te maak deur die uitreik van ’n nolle prosequi-sertifikaat, irrasioneel is.

Volgens adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, dui hierdie irrasionele optrede, óf op die politieke beskerming van sekere individue met bande binne die NVG, óf op die onbekwaamheid van die vervolgingsgesag om ’n eenvoudige saak soos hierdie te vervolg.

Die privaatvervolgingseenheid het in April 2021 vir Batohi ingelig dat sy AfriForum met geen ander keuse laat nie as om ’n mandamus-aansoek te bring ten einde die NVG te dwing om uitvoering te gee aan ’n hofbevel* wat bepaal dat Jiba op hierdie klagtes vervolg moet word. Die NDOV se reaksie was dat die saak na die ondersoekdirektoraat (OD) verwys is en dat die vervolging van Jiba nie kan voortgaan nie alvorens die OD die “breër kwessies” van die saak verstaan en dat hierdie kwessies eers gefinaliseer moet word voordat ’n besluit oor die vervolging van Jiba geneem kan word.

“Dit is nou reeds 11 maande later en die NVG se volgehoue standpunt dat ’n mandamus-aansoek om hulle te dwing om ’n besluit te neem oor die vervolging van Jiba, al dan nie, voortydig sou wees, het alle geloofwaardigheid verloor,” sê adv. Nel. “Dit blyk dat die NVG besig is om die samelewing aan ’n lyntjie te hou en geregtigheid te ondermyn met die hoop dat die saak teen Jiba stil-stil sal verdwyn. Die NVG probeer oënskynlik om dít te bereik deur middel van onredelike vertragings en oppervlakkige antwoorde op enige navrae oor die kwessie. Ons sal egter nie toelaat dat hierdie klagtes net verdwyn nie.”

  • Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het reeds in 2015 in Freedom Under Law v NDPP beveel dat die saak teen Jiba weer op die rol geplaas moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus ·

Dit sal goed wees indien Adv Batoyi met dieselfde ywer as waarmee sy Hansie Cronje verguis het ook sal inspan teen die mense. Het aanvanglik gedink sy gaan ‘n verskil maak

JohanR ·

Lekker sport gehad met Hansie, maar nou werk sy vir die ANC! As ‘n ANC ooit tronk toe gaan onder Shamila Batohi sal ek Bheki Cele se hoed eet…….ai nee sies man!

Andre ·

So spandeer SA biljoene in regskoste om al die vrot appels te beskerm. Hulle almal se tyd sal kom.

Marthina79 ·

Suid Afrika is besmet met parasiete en is besig om stadig maar seker dood te gaan.

Juffrou ·

Hierdie Batohi vroumens sloer aspris. Sy weet nie hoe nie. Wat doen sy heeldag? G’n wonder haar kollega het geloop. Sy beskerm dié arrogante vrou.

Di ·

Die hele spul in die NVG is onbevoeg en te sleg om hulle werk te doen. Selfde as die ANC kaders – boetie sorg vir boetie.

JohanR ·

Moenie pla nie AfriForum……Shamila Batohi neem nou tee!

lollapot ·

My hare rys as ek hierdie gedoente sien…
En my eerste gedagte is General Johan Booysen en hoe daar op hom jag gemaak is met valsheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.