Steeds geen nuwe burgemeester vir Jhb

Die verkiesing van Johannesburg se nuwe burgemeester is tot volgende maand uitgestel. (Foto: Gauteng ANC/Twitter)

Die verkiesing van ʼn nuwe burgemeester vir Johannesburg wat vandag moes plaasvind, is nou na aanstaande maand uitgestel. Die verkiesing is uitgestel nadat daar nie ooreengekom kon word oor hoe ʼn meerderheid in die raad bepaal word nie.

Die pos is vakant nadat Herman Mashaba vroeër bedank het. Sy termyn het gister geëindig.

“Soos ek vanoggend wakker word, werkloos, steeds doodmoeg en gereed om ʼn welverdiende breek te neem, wil ek asseblief my diepste waardering te kenne gee aan die vyf miljoen inwoners van Johannesburg, die 58 miljoen inwoners van Suid-Afrika, die sewe miljard inwoners van die wêreld en die media vir dié voorreg om my land te dien,” het Mashaba getwiet.

Die DA, EFF en ANC het elk ʼn kandidaat vir die pos benoem. Die DA het Funzela Ngobeni, die EFF Musa Novela en die ANC Geoff Makhubo voorgestel.

Herman Mashaba, die voormalige burgemeester van Johannesburg. (Foto: Twitter)

Makhubo, ʼn voormalige burgemeesterskomiteelid van finansies, word onder meer van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary beskuldig vir sy vermeende betrokkenheid by die omstrede fondsbestuursmaatskappy Regiments Capital.

Mashaba het strafregtelike klagtes in dié verband teen Makhubo en die voormalige burgemeester Parks Tau aanhangig gemaak.

“Dit is ongelooflik en ʼn skande dat die ANC dié kandidaat as ʼn openbare ampsdraer voorstel. Die mense van Johannesburg verdien beter,” het Mashaba in reaksie op Makhubo se benoeming gesê.

Die verkiesing sal na verwagting nou op 4 Desember gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Is daar enige ANC lid wat eerbaar is, eerlik, nie korrup nie, pligsgetrou en absoluut nasionale belange eerste stel voor persoonlike en partypolitieke en dit geld vir Mandela, Mbeki, Zuma en Ramaphosa in??????

Maljan ·

Die ANC kan nienwydkyk en die breë spektrum raaksien nie. Daar is soveel moontlikhede wat mis gekyk word om kaders soos faith motambi, Supra mahumapele, David, ACE, Dudu ens raak te sien. Ek’s eintlik verbaas Zuma is nie minister van buitelandse sake nie. Dink net hy kon Shabir sy adjunk gemaak het. Hulle is bang vir eerlike mense, self in eie geledere.

John ·

Mashaba het te min ondersteuning van did DA gekry. Alles word telkens net gerig op die Kaapprovinsie se behoeftes. Dit gaan die party nog duur te staan kom. Daar is oulike kandidate elders in die land wat baie doen vir hul onderskeie wyke en baie weerstand ervaar. Mmusi wou atyd net alleen shine vang… met polish. Nou is net die rooi stoep polish oor en vrek glad as dit gereèn het.

Ema ·

Hoekom het JHB n burgermeester nodig? Dit is maar net n foefie om n nuwe boetie n miljoener te maak. Vra die outjie wat Ekhuruleni se burgermeester is. Hulle doen niks. Sit net heeldag en Eet en raak ronder en ronder. dan natuurlik moet hulle in die beste woonbuurt gaan bly en natuurlik n Merc of iets dergliks ry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.