Steeds geen nuwe regulasies vir restaurante

Daar is geen aanduiding van wanneer aansit-etes by restaurante hervat mag word nie. (Foto: pixabay)

Terwyl die persoonlikesorgbedryf juig omdat hy ná sowat drie maande weer mag sake doen, wag restaurante wat aansit-etes wil bedien steeds op regulasies daaroor.

Wendy Alberts, uitvoerende hoof van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa), het gesê hulle is ingelig dat daar onverpoosd gewerk word om die regulasies af te handel.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand aangekondig dat meer bedrywe voortaan toegelaat word om hul werksaamhede te hervat. Plekke soos casino’s, haarsalonne, hotelle en gastehuise word nou ook toegelaat om te heropen.

Vrydag is die regulasies vir die persoonlikesorgdienstebedryf in die Staatskoerant aangekondig wat beteken hulle mag onder streng voorwaardes weer heropen.

Die regulasies vir restaurante is egter steeds nie aangekondig nie en daar is geen aanduiding van wanneer dit verwag kan word nie. In dié stadium mag etes dus steeds net afgelewer of self by eetplekke afgehaal word.

Verskeie restaurante het weens die verbod reeds hul deure permanent gesluit en daar is vrese dat talle ander dieselfde sal moet doen.

Alberts het gesê die bedryf hoop om dié week nog sy deure heeltemal te open.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Scalla ·

Lagwekkend, jy en jou buurman mag nie saam braai nie maar jul kan gaan eet in Spur

Willem ·

En die gewag kan nog lank wees. Hulle gee nie om vir jou want hul kry elke maand hul salaris

Jan ·

Hoop dit maak die mense se oe oop. Die anc is rasisties en onbekwaam om hulle werk te doen.

Remlut ·

As jy nie wil werk nie sal daar altyd redes wees. Dink vir julle self en gaan aan

Jaco ·

Ek verstaan dat restaurante met wit eienaars moet toe bly. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. Maar waarom moet restaurante met swart eienaars ook toe bly? Hulle velkleur is dan “reg”.
Dan ook, al word die wit eienaars nou ook “gestraf”, wat dan nou van al die swart kelners wat vir hulle werk? Hulle velkleur is mos ook “reg”. Iets maak nie sin nie. Waarom is our people se regering dan nou lelik met our people ook?

Jaco ·

Dis die ANC wat daardie woord gebruik. Aanmekaar. Ek haal net die ANC aan

JohanR ·

Ja Scalla jy kan maar net lag vir die klomp ANC skape. Jy kan nie by jou familie gaan kuier nie, maar julle mag nou almal saam kom in ‘n restaurant. Dit vat NDZ twee weke om ‘n A4 bladsy te vul. Hopelik het sy nie alleen aan die 4000 bladsye gewerk vir die sigaret sage nie? Miskien is 50 matriek leerlinge gehuur almal tussen 15 en 18, om die ander 3999 bladsye te vul! Julle weet seker almal in 2021 waar om NIE julle X te trek nie?

Francois ·

Restaurante bly steeds toe maar gaan kyk hoe lekker die eetplekke rondom taxi staanplekke besigheid doen

AH ·

Die restaurante kan nou maar gerus oopmaak want dit is ook maar ‘n klug soos meeste van die ander regulasies. Ek stap vanoggend by ‘n kitskosplek in ‘n winkelsentrum verby. Daar sit hordes by die tafeltjies buite die plek met hulle papiersakkies kos en kartonkoppies koffie, maskers gelig om te eet/drink. Daar is wel die regte afstand tussen die tafeltjies, maar twee tot vier mense per tafel. My punt is dat mense net sowel by ‘n tafel in ‘n restaurant kan gaan sit, jou kos bedien kry en eet. Sodoende kan meer mense soos bedieners, skoonmakers en opwassers weer ‘n broodnodige geldjie verdien. Mense is al so moeg vir die inperkings dat daar omtrent nie meer gehoor daaraan gegee word nie. Mense kuier en braai bymekaar, ry na naburige dorpe en gaan kuier vir ‘n naweek. Gaan naweke na hul strandhuise toe. Ek sien niks verkeerd daarmee nie. Dit is tyd dat elkeen vir sy eie gesondheid verantwoordelikheid neem en die regering ophou om ons voor te sê en hul aandag bepaal by hul regte werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.