Steeds geen spoor van vermiste hengelaar

Pieter Wilders. (Foto: Verskaf)

Daar is nog geen spoor van Pieter Wilders, die 30-jarige man wat die afgelope naweek vermis geraak het nadat hy op die Vaaldam gaan visvang het nie.

Maroela Media het vroeër berig Wilders het Saterdagmiddag sy visstokke gevat en in sy boot gaan visvang. Sy boot is die aand onbeskadig in die rivier gevind met sy selfoon en kospakkie nog net so in die boot. Van Wilders was daar egter geen teken nie.

ʼn Soekgeselskap het sedert Sondag onverpoos na Wilders gesoek.

Volgens Wilders se ouma, Alet Joubert, was daar teen Maandagoggend nog geen teken van hom nie. Polisieduikers het intussen ook hul soektog na hom hervat.

Enigiemand wat inligting kan verskaf wat die polisie kan help om Wilders op te spoor kan Joubert by 081 487 1116 of Linda Landman by 081 266 5203 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

chrismar ·

Op Vaaldam gaan visvang,maar sy boot is in die rivier gevind.Bietjie verwarrend.

SomeOne ·

simpatie met familie
vraag: is daar nie dalk krokodille in die “rivier” area nie ?

Coenette ·

Baie sterkte vir familie en vriende, Tannie Alet en my Paps baie sterkte, ons glo en vertrou dat God julle styf teen sy bors sal vas hou, ons hou julle in ons gebede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.