Steeds geen teken van ‘nuwe vullisterrein’ ná 5 jaar

Die vullisterrein in Lindley in die Vrystaat. (Foto: Verskaf)

Daar is ná vyf jaar steeds geen teken van die nuwe vullisterrein waarheen die Nketoana-plaaslike munisipaliteit (wat die dorpe Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz insluit) in die Vrystaat destyds die vullisterrein in  Lindley weens gesondheidsrisiko’s sou skuif nie. Daar is in 2015 sowat R13 miljoen vir dié verskuiwing begroot.

So het Armand Cloete, VF Plus-LP in die Vrystaat, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Volgens Cloete het die VF Plus nou ’n strafregtelike klag teen die waarnemende munisipale bestuurder, Kido Nhlapo, ingevolge die Afvalbestuurswet gelê.

“Inwoners ontvang vandag nog nie gehalte vullisverwyderingsdienste in Lindley nie,” het Cloete gesê. “Die bestaande vullisterrein voldoen nie aan wetlike vereistes nie. Die munisipaliteit tree onwettig op deur nie toe te sien dat die vullisterrein verskuif word nie, aangesien ʼn vullisterrein ten minste 500 m van ʼn dorpsgebied moet wees.”

Volgens Cloete het die party ook die munisipaliteit daarvan aangekla dat hy toelaat dat rou riool in die Vaalrivier beland.

“Ná die VF Plus se besoek aan die munisipaliteit het dit duidelik geword dat die munisipaliteit se onvermoë om sy riooldienste- en infrastruktuur in stand te hou direk verband hou met die uiteindelike besoedeling van die Vaalrivier.

“Hoewel die probleme veral ontstaan het weens swak munisipale bestuur onder die vorige munisipale bestuurder, kan die waarnemende munisipale bestuurder nie bekostig om verder voete hieroor te sleep nie,” het Cloete gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hekwag ·

Sekelsterte ry almal duur motors, aangekoop met daai R13 mil.

Rose ·

Hulle tel nie eens die vullis langs die paaie op nie, wat sal hulle omgee oor n vullisterrein. Kyk hoe lyk dit rondom Klapmuts, rommel is orals, was nooit so nie. Van die Karoo-dorpies smoor ook onder gemors wat oral rondwaai.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daardie miljoene is lankal geëet. Huidige waarneemde ou sal nie eers waarvan gepraat word nie.

Alexander ·

Daardie geld al lankal gekaap na private bankrekening van stadsraadslede.

Pieter ·

Normaal in afrika lyk orals so waar hulle bly gaan kyk maar. Geen respek vir die land of natuur nie

Sarel ·

My vraag is hoekom eers 5 jr later optree? Die VF Plus moes mos na die 1ste jaar geweet het die werk is nie gedoen nie. Hoekom 5 jr wag?

Leon ·

Vra vir Ace wat het sy pêlle met die geld gemaak. Seker hulle maageshule daarmee volgemaak.

Miskruier ·

Modimolle vergaan al die laaste week van die giftige rook, hier word die stortingsterrein aan die brand gesteek. Ons wag ook al meer as 5jaar vir die nuwe een.

Andries ·

Ramaphosa moet hierdie berig saamlees met sy eie tirade teen die feit dat die ekonomie grootliks in wit hande is. Hierdie berig verduidelik waarom dit so is. As jy nie kan nie, dan kan jy nie ongeag wat gedoen word om die ekonomie in swart hande te plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.