Steeds geen teken van Pta-ma ná 11 dae

Madelein Murray. Foto: Facebook

Madelein Murray. Foto: Facebook

Daar is steeds geen teken van Madelein Murray (40) wat vermis geraak het toe sy voorverlede Vrydag in vloedwater in Pretoria verdwyn het nie.

Vrywilligers uit die gemeenskap met die hulp van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het Saterdag weereens bymekaargekom om die oewers van die Apiesrivier te fynkam.

Madelein was saam met haar oudste seun, Hanco (20), in sy wit Nissan Skyline toe dit op 11 November omstreeks 03:00 ná swaar reën deur vloedwater op die laagwaterbrug in Flowerstraat, Capital Park, meegesleur is. Henco, wat bestuur het, kon daarin slaag om sowat 1,5 km van die brug uit die vloedwater te kom en hulp by ʼn nabygeleë vulstasie te kry. Die motor se wrak is omstreeks 09:00 gevind, maar daar was geen teken van Madelein nie. ʼn Volskaalse soektog deur die Tshwane-nooddienste, die polisie se duikeenheid, honde-eenheid en soek-en-reddingseenhede, van so ver as Benoni en Bronkhorstspruit, het sedertdien niks opgelewer nie.

Francis sit langs die Bon Accorddam waar daar na haar dogter gesoek word. Foto: Phillip Bruwer

Francis sit langs die Bon Accorddam waar daar na haar dogter gesoek word. Foto: Phillip Bruwer

Francis Venter (60), Madelein se ma, het Maandag aan Maroela Media gesê sy het Saterdag van omstreeks 09:00 op en af langs die Apiesrivier van die laagwaterbrug tot by die Wonderboom Junction-winkelsentrum, wat sowat 7 km strek, saam met lede van die soekgeselskap gestap.

“Daar was steeds geen teken van haar nie, nie eens haar hempie of handsak nie. Ek is daarna weer dam toe en het tevergeefs daar gewag. Ek sal graag elke dag dam toe wil gaan, maar het al my brandstof al opgery,” het Francis gesê.

Christo Venter (41), Madelein se lewensmaat, het gesê die soekgeselskap was tot omstreeks 12:00 besig.

“Daar was baie mense; dit is moeilik om presies te bepaal hoeveel omdat ons in verskeie groepies was, maar ek het in ʼn stadium sowat 30 mense gesien,” het hy gesê.

Adj. Jan Louw, van die polisie se duikeenheid en koördineerder van die soektog, het Maandag aan Maroela Media gesê die soektog duur voort en daar sal steeds op die oewers van die Bon Accorddam, van 148 hektaar, en langs die Apiesrivier, sowat 13 km vanaf die laagwaterbrug tot waar dit in die dam invloei, met die hulp van snuffelhonde gesoek word.

Polisiebeamptes besig met die soektog. Foto: Phillip Bruwer

Polisiebeamptes besig met die soektog. Foto: Phillip Bruwer

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die polisie is nou in volle beheer van die soektog en dat die nooddienste hul bystand aan die polisie sal verleen soos dit benodig word.

“Ons sal aanhou help waar ons kan en alles moontlik doen om haar op te spoor sodat die familie ʼn mate van berusting kan vind,” het Pieterse gesê.

Madelein is die eienaar van Scrap Zone Recyclers, ʼn skrootwerf in Pretoria se middestad. Sy het vier seuns en een dogter. Hulle is 20, 17, 13, sewe en ses jaar oud. Madelein en Christo is al nagenoeg sewe jaar in ʼn verhouding en woon in Capital Park.

Francis beskryf haar dogter as ʼn ware Moeder Teresa en engel uit die hemel wat die klere van haar lyf sou uittrek en aan iemand gee wat dit nodig gehad het. “Haar hele lewe is ʼn getuienis en dit is seker hoekom haar verdwyning die harte van talle mense in die gemeenskap se harte geraak het en hulle aanspoor om na iemand te soek wat hulle nie eens ken nie,” het sy vroeër aan Maroela Media gesê en onderneem om aan te hou soek totdat Madelein opgespoor word.

Lees alle vorige berigte oor Madelein Murray op Maroela Media.

Nooddienswerkers by die wrak van die motor in die Apiesrivier. Foto: Verskaf

Nooddienswerkers by die wrak van die motor in die Apiesrivier. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Mariaan ·

Is sy nie dalk iewers onder Modder vasgevang in die water nie?
met oorstroomings kom daar gewoonlik baie grond ook saam. net ‘n gedagte.
Baie sterkte aan die familie en vriende ons bly saam bid dat sy gevind sal word.

san ·

SJOE DIT BAIE ERG. ARME FAMILIE. WEET HULLE VIR N FEIT DAT SY IN DAARDIE VOERTUIG WAS VOOR DIT MEEGESLEEP IS. DAARDIE MOTOR IS REGTIG N WRAK. N MENS KAN AMPER NIE GLO DAT WATER SO KRAGTIG IS NIE. DAAROM WORD DAAR ALTYD GESE ; HANTEER WATER EN VUUR MET RESPEK. STERKTE ALMAL WAT BETROKKE IS MET DIE SOEKTOG.

MM ·

Sy moes in die voertuig gewees het, want sy was saam met haar seun in daai spesifiekte voertuig gewees.

antoinette ·

Dit is baie erg. Het die reddingswerkers al gedink om verder as Bon Accord dam te soek? Die Apiesrivier loop verby die dam na Honingnestkrans en Rooiwal se kant toe ook. My vriendin se man het in die jaar by Honingnestkrans weggeraak en hulle het hom nader aan Rooiwal gekry. Miskien moet hulle verder aan beweeg.

[email protected] ·

Gooi nou maar n baksteen na my toe. Is almal 100% seker hierdie vrou was in die voertuig toe dit meegesleur is. Dis net haar seun wat dit beaam het? Nie eers haar moeder weet wat hulle daardie tyd van die oggend op die pad gesoek het nie

MM ·

Die seun het bestuur en sy was ‘n passasier gewees. Ek glo nie hy sal jok daaroor nie.
Sy het dalk verder gespoel as wat hulle soek.

san ·

DIS WAT EK MOS SE , DAAR IS GEEN DUIDELIKHEID OOR DIE AAND SE GEBEURE NA 11 TOT 3 UUR. GEEN BESKULDIGING NET N WONDERING. MISKIEN KAN IEMAND DIT MEER DUIDELIK VIR ONS MAAK.

varkie ·

Is daar wragtag mense wat sulke dom gedagtes en vrae kan vra regtig geweer jy dalk dat die seun sy MA vermoor het en in n vlak graf erens lê of dat sy dalk erens wegkruip regtig mense sy sal gevind word as n krokkedil haar nie dalk voor die soekers gekry het nie kom by asb

Dawie ·

Kry iemand met ‘n helikopter en vlieg al langs die Apies af Rooiwal se kant toe. Soos Antoinette gesê het, dalk is sy verder af daai kant toe.

Koos1 ·

Het die Bon Accord dam oorgeloop na die vloede?
Indien nie, kan sy nie verder as die dam gegaan het nie, indien wel kon sy moontlik oor die wal gegaan het.
Ek glo ons moet die polisie vertrou om hulle werk te doen, hulle het ondervinding van die soort ding.
Baie sterkte aan die familie en vriende.

pop ·

Die bon accord dam het nie n oorloop nie maar slegs n uitvloei – m a w dit is n rivier wat uitvloei daar is nie n wal nie

Buitestander ·

Arizona ek wil met jou saam stem.
Hulle soek dalk nog op verkeerde plek.

Cheryl ·

Dit vat nou vreeslik lank sjoe… Ek wonder ook al hoe seker is die mense sy was wel in die kar??? Ek se nie ha seun jok nie maar regtig Dit vat baie lank en almal help tog soek… Miskien ñ verskuilde agenda?? Hoekom wil die seun ook nie praat our oor daai aand nie? Ons bly in n siek weréld en enige iets is moontlik. Wat Ek ook nie vetstaan nie daar is GEEN MAAR GEEN leidrade nie, nie selfoon nie geen klere of enige iets nie. Sorry maar elke een het maar sy eie opinie. Sterkte met die soektog hoop regtig daar word iets gevind Wat meer leidrade het…

MM ·

Het jy gesien hoe lyk die kar. dink jy hulle gaan haar selfoon kry in daai massas water? Sy kan moontlik iewers onder die water nog wees waar sy vas sit en nie kan opkom nie. Hulle soek dan nog steeds na die kind wat uit sy pa se arms geval het en in die water geval het. Soms word sulke mense nooit gevind nie. Wat se leidrade soek jy? Dis nie ‘n misdaadtoneel nie. Die enigste leidraad is die kar wat toaal en al verwoes is en die seun het 1.5 km van die brug af teen die wal geland en so kon hy uit kom.

Wilma ·

Artikel in Huisgenoot berig as volg:
“Toe die 21-jarige Hanco en sy ma, tussen twee en drie-uur die oggend die pad aandurf om Hanco se ouma by vriende te gaan oplaai …. ‘n Golf sleur hul BAKKIE sywaarts ….” Daar is heelwat teenstrydighede rondom die gebeure in mediaberigte wat mens laat wonder wat werklik gebeur het aangesien ‘n ouma gemeld het dat sy nie weet wat hulle daardie tyd op die pad gemaak het nie en dat sy meer vrae as antwoorde het!

Bertha ·

Al wat ek voor bid is dat Onse Vader net ‘n taken of iets aan haar familie most gee of was sodat hulle kan berus. Ek sal mal raak as ek in hulle skoene is want waar na toe nou. Ek dink elke dag aan haar familie. Sterkte aan julle

Susan ·

Al wat ekke kan se is baie sterkte aan di FAMILIE dis tragies wat gebeur het ek sou ook ni kon eet slaap of RUS kry vir my SIEL as dit my DOGTER was nie. Ha kinders is nog so jonk en soek ook hul MAMMA se liggaam om afskeid te neem. Dan kan almal tot ruste kom en. Ek glo di Polisie sal alles in hul vemoee doen om di MAMMA te vind. Sterkte aan di Kinders Pappa Ouma Oupa en Familie. My hart gaan uit saam julle ek weet wat dit is om iemand te verloor wavoor jy so lief is MAG GOD SAAM JULLE WEES

Klip in die bos ·

Net soos meniges wonder ek ook of daar nie ‘n verskuilde agenda is nie. Help my reg as ek verkeerd is. Roolig nr 1.Sy besit ‘n skrootwerf? Rooi lig nr 2. Met sulke jong kindertjies by die huis en sy so laat op straat. Rooilig nr 3. Hoe lank vat dit ‘n liggaam om dryf? Polisie duikers het ‘n liggaam binne 9 ure gekry vandag persoon se roeiboot op harties omgeslaan het. Liggaam was tussen riete gevind ongeveer 400m van sy kamp af. Soek dus nader.

Klip in die bos ·

Net soos meniges wonder ek ook of daar nie ‘n verskuilde agenda is nie. Help my reg as ek verkeer is. Rooilig 1 sy besit ‘n skrootwerf. Rooilig 2 sy het jong en klein kindertjies by die huis, wat soek sy daardie tyd van die nag op straat as die motor haar seun sn was en hy bestuur het. Rooilig 3 hoe lank kan dit vir ‘n liggaam vat om te dryf veral nou dat die water vlak gesak het.

Cheryl ·

MM…. Eerstens ek sé nie dis waar nie maar wel moontlik dat daar dalk meer agter die storie is as net dalk verdrink. Tweedens… Leidrade is belangrik want as mens klere,selfoon of enige ander besittings iewers kan kry weet mens dalk min of meer waar sy moontlik kan wees… Derdens…. Die duikers het al tussen bosses en riete gesoek en laastens as jy meer weet as ons lig ons ook in asb almal soek net die waarheid dis al!!! Want jy is baie aanvallend. Ons almal gee net ons mening… Oo die ander ding is jou “skuilnaam” MM sé vir my Madelein Murry is jy dalk familie?????

Wilma ja jys reg die artikel in huisgenoot sé ook nou dit was bakkie gewees en nie n Nissan skyline nie??? En die vraag by my ook ouma het gaan kuier by vriende en volgens die seun was hul oppad om ha te gaan haal… En volgens ouma weet sy nie hoekom ha dogter daai tyd op die pad was nie???????? Iets maak nie sin nie.. Wel ek het ook sopas verneem volgens rekord Moot is die soektog gestaak. Hoop n goeie speuder volg die storie op.

Wenner ·

Vyf kinders sonder hul Mamma! Dis wreed! En op so n onverklaarbare manier! En hoeveel angs maak die familie nie deur nie! Die onsekerheid oor waar sy is! Here Jesus, Here Jesus, as dit binne U Wil is, laat hul haar of haar liggaam net kry (asseblief)! Dit behoort bietjie “closure” te bring

charlene ·

Hoeveel van die mense wat no ewe skielik kenners is, bly naby die apies?? Ja dit was oorspoel maar mens kan glad nie in die aand sien hoe erg dit oorspoel is nie, dus jy ken nie weet hoe diep en sterk daai water is nie. Haar seun moes nie daar oorgery het nie, maar stad se kant toe in die aand kan mens seker ook nie… Daai water was baie erg, haar liggaam kan dalk onder bome en goed vas gekeur lê – dalk verder in die dam, want net sodat die mense weet nie baie klein is nie. Jy kan onmoontlik elke sentimeer deur soek. Dis tragies en nou gooi die mense net klippe. En dis hoekom nasie in die land is waar ons is, want ons kan net sleg sê! Ja sure daar is mense wat iets tussen die ore het wat die familie sterkte toe wens (net jammer daar is so min). Maar genade mense die familie gaan deur hel! die vrou is weg, en haar familie gaan nie ophou soek nie – dis menslike instink! Ons gaan altyd aanhou soek. Stekte aan die familie, veral die seun. Julle almal is in ons gebede. Mag julle berusting vind.

Cheryl ·

Charlene ….ja ek bly in Capital park en ja ek ry elke dag van my lewe oor daai apies river en…my kinders ry saam my want hul gaan daai Kant skool…..so ja ek weet hoe lyk dit daar as dit reën en oorspoel dit is hoekom ek my veilige afstand hou daar al reën dit nie. En ek gooi nie klippe nie en ek se ook nie dis wat gebeur get nie ek gee net my mening soos al die ander. En nie een keer het ek iemand sleg gese nie gaan lees ASB weer my kommentaar as jy iets tussen die ore het….ek voel regtig jammer vir die families eerlikwaar!!!! Soos ek se ek hoop hul key ha!!!!
et e

Sê maar net. ·

As ek so na die ma luister dan is daar beslis ‘n finansiële tekort. Sy het by ten minste 2 geleenthede gesê haar airtime is klaar en sy kan nie mense bel nie en dan het sy ook nie meer brandstof nie. Mense doen snaakse dinge vandag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.