Steeds geen teken van Pta-troonkobra

'n Skermskoot uit die video van die kobra. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video van die kobra. Die video volg onderaan die berig.

Daar is nog geen teken van die kobra van nagenoeg 2,3 m wat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria op hol het nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het nie.

Barry Greenshields (31), ʼn ervare slangvanger van Pretoria, het Saterdag aan Maroela Media gesê die slang is nog nie weer by die woonstelblok in Ilkleyweg in Lynnwood Glen, naby die Menlyn-winkelsentrum in die ooste van Pretoria, opgemerk nie.

“Ek het nog niks weer van inwoners in die omgewing gehoor nie en die slang is steeds soek. Die video van die slang maak egter wêreldwyd opslae en selfs internasionale mediahuise het by my navrae oor die voorval gedoen,” het Greenshields gesê.

Maroela Media het vroeër berig die video is geneem toe Greenshields Donderdag omstreeks 09:00 na die woonstelblok ontbied is nadat ʼn inwoner die slang in sy toiletbak opgemerk het.

“Die inwoner het aanvanklik gedink dit was ʼn pofadder, maar toe ek daar aankom en die deksel oopmaak toe sien ek dit is ʼn kobra. Ek het eers nie geweet watter soort kobra dit was nie en het vir ʼn sonbril gevra, sou dit ʼn spoegkobra wees, om die slang van nader te beskou. Dit is toe dat ek sien dit is ʼn wipneuskobra ook bekend as ʼn Egiptiese kobra.”

Greenshields het gesê dié slange kan tot 2,6 m lank word en hy skat die troonbesoeker was minstens 2,3 m.

“Ek het my grypstok gebruik en begin om die slang uit die toiletbak te trek. Ek het ʼn lang gedeelte van die slang uitgekry, maar die agterlyf moes aan iets vasgehak of vasgeklou het, want dit wou net nie verder uitkom nie. Ek wou ook nie te hard trek of die slang vasknyp nie want ek wou dit nie seermaak nie. Ek het in ʼn stadium die greep van grypstok laat vaar en die slang het dadelik teruggetrek en in die toiletpyp verdwyn en is skoonveld.”

Greenshields en ʼn kollega is later die middag terug na die drieverdieping woonstelblok waarin daar 20 eenhede is. “Hoewel dit ʼn drieverdieping gebou is, is daar slegs parkeerplekke op die grondvlak, so daar is net wooneenhede op die eerste en tweede vloer.”

Hy het gesê hy en ʼn kollega het tot laataand by al die eenhede gaan aanklop en in die mense se toilette gaan soek na enige spoor van die slang. Hulle het ook alle mangate en dreine op die grondvlak deursoek, maar daar was geen spoor van die slang nie.

“Daar is baie pype onder die gebou en die moontlikheid bestaan dat die slang in die dreineringstelsel verdwyn het. Ons het egter al die inwoners aangeraai om hul toiletdeksels toe te hou en mooi te kyk as hulle dit oopmaak.”

Look at this amazing footage, Lynnwood Glen, Pretoria (in a block of flats…). Recorded by Reynders Venter. The snake got away and back into the 'system'. Any advice in terms of what to do now??

Posted by Alex Antonites on Thursday, November 24, 2016

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jakobus ·

Dan moet jy nou maar staan, totdat jy eendag die moed bymekaar geskraap het om te gaan sit.

Hannie ·

Onbeskryflik kommerwekkend na aanleiding van die nuuste berig oor nog n plaas moord!

senet ·

Ek wil ni daar n toilet gebruik ni jy weet ni wie gaan kuier as jy sit ni jy kan toilet oopmaak dan daar niks maar sit jy n is besig dan steek hy dalk net kop uit ek sal verseker hardloop n jul sal my nooit weer daar sien ni want dallk is hy daar by game loer gou in by game se black friday specials dan skuif hy na di volgende winkel se toilet

Marius ·

Wat soek ‘n Egiptiese kobra in Suid-Afrika? Ek het nooit geweet jy kry hulle hier nie…

Pieta ·

Dis ń wipneus-kobra (snouted cobra ). Vroeër jare was dit ń Egiptiese kobra genoem. Word ook soms ń bosveld-kapel genoem.

vonnie ·

(Al die pad met Nylrivier gekom tot in Nylstroom en toe n taxi gevat PTA toe. )

Sputnik ·

Ek weet darem nie! Is dit nie ‘n rubberslang waarmee ons ‘n poets gebak word nie? Ek glo dit sowaar nie. ‘n Paar mense lag lekker in hul mou – hie-hie! Lekker gevang!

Jan Nel ·

My dienste is beskikbaar as die mense nog hulp soek. Ek is nou nie ‘n slangvanger nie, maar ek het gister van my vrou se boontjies -en koolbredie geëet. Ek twyfel of die slang dit sal oorleef.

Francie ·

Jan Nel ek soek asseblief daardie resep! Net vir ingeval ek dit nodig kry.
Dankie vir jou bydrae, dit het my dag gemaak – ek lag elke keer wanneer ek daaraan dink.
Sterkte vir die res van die dag, klink of jy maar na die vulstasies in die omgewing toe moet gaan om van jou probleem ontslae te raak, dis nou by wyse van spreke, natuurlik.
Al raad wat ek, vir die mense daar het is om maar ‘n koos aan te skaf. – ‘n metaal ene wat ook as wapen gebruik kan word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.