Steeds geen teken van vermiste baba

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Abukhanyisile Sitebisa. Foto: Verskaf

Die soektog duur nog voort na die eenjarige seuntjie wat verdwyn het nadat sy ouma hom glo alleen in ʼn veld naby Stutterheim in die Oos-Kaap gelos het.

Kapt. Siphokazi Mawaiza, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die soektog duur voort en die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan om die kind te vind.

Maroela Media het Donderdag berig Abukhanyisile is Sondag omstreeks 08:00 alleen gelaat naby ʼn rivier in die Mbulelo-township naby Stutterheim.

“Die 42-jarige ouma het die kind na bewering daar gelos omdat die kind se ma nie na hom omgesien het nie,” het Mawaiza vroeër gesê.

Die voorval is Dinsdag by die polisie aangemeld. ʼn Soektog is van stapel gestuur, maar die kind kon nie opgespoor word nie.

Die ouma is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing. Sy het Donderdag in die Stutterheim-landdroshof verskyn.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval of wat weet waar die baba is, versoek om sers. Ursheline Thompson van die King Williams Town-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, by 071 671 2713 of 043 642 1016 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Eliza-beth ·

So volgens die ouma kyk die ma nie na die kind en sommer sy dan ook nie. Wat van die arme kind (wat nie gevra het om gebore te word nie) na ‘n kliniek/hospitaal/kerk/welsynskantoor te neem? Nou word hy soos ‘n stuk papier eenvoudig weggesmyt. Hel….ek het nie woorde nie

Belinda ·

Hoekom het hulle die moeite gedoen om hom as vermis aan te meld? Deur hom daar te los wou hulle mos hê hy moes weg raak. Ek hoop iemand het hom opgetel en versorg

Dedré ·

Hulle moet maar by die sangoma gaan soek. Ouma is nie so dom om hom net so te los nie. Sy het geld vir hom gekry.

MissDemeanor ·

Weet jy, ek sal nie verbaas wees nie. Iemand wat so harteloos is om ‘n baba in die veld te los sal seker net so maklik die kind verkoop vir muti.

Leonie ·

Stem saam met jou Dedre daar is meer agter die storie as net dat sy hom daar gelos het. Hoekom het sy hom dan nie by die Welsyn gaan los nie?

charlene ·

Dedre jou pos skok my maar die rede hoekom dit my skok is omdat dit nie onmoontlik is nie. Dis dalk hoekom hulle hom nie kry nie? Ek hoop die polisie kan ook in daai rigting dink en daar ook gaan soek…

Anita Steyn ·

Se my net hoe op aarde in vandag se gevaarlike tye los jy n kind alleen in die veld? Die ouma se die ma het nie na die kind gekyk nie nou wat het sy dan gedoen? Nee ek verstaan dit nie

Ben ·

Ek en my vrou het op ‘n keer per ongeluk ‘n grondpad tussen Idutywa en Queenstown geneem na Stutterheim wat toe net ‘n tweespoor geraak het, maar ons het wel beangs by Stutterheim uitgekom. Dit was skrikwekkend en daar loop ook wilde diere daar rond (die wat nog nie in die pot beland het nie). Dus kan die kind moontlik ge-eet geword het?

Poplap ·

Skokkend verby. Die Ouma hoort swaar gestraf te word. Dis nie ‘n hondjie wat jy buite los nie dis ‘n kind. Wat ‘n absolute tragedie dat sy hom so min geagte het dat sy hom net daar gelos het.

Mads ·

Ek sit met trane in my oe dat enige persoon dit aan ‘n onskuldige ou babatjie kan doen. Hoe kon sy as ouma/persoon met ‘n hart en gewete dit doen? Naby ‘n rivier gelos. Wat se dit vir ‘n mens. Ek hoop iemand het hom gesien en gevat en dat hy nie iets verskrikliks oorgekom het nie. Sies vir jou vrou, hoop jy slaap rustig.

alida ·

Kla die vieslike ouma aan van moord want sy het geweet as sy hom by die rivier los sal hy verdrink. Dit is MOORD

Louise ·

Dis baie wreed van daai vrou, jammer ek gaan haar nie ouma noem nie. (SY IS NIE ENE NIE)
Shame ek hoop regtig daardie seuntjie word veilig opgespoor,

charlene ·

Ek sien my ander kommentaar is af.. So kom ek probeer dit mooi stel.
Ek hoop die ouma sit vir die res van haar lewe in die tronk sy het nog redelik jonk so sy kan lekker sit en ek hoop hulle soek die ma en kla die ma ook aan want as sy haar self gedra het en niks haar gepla het nie, was die storie onnodig. Die pa is net so skuldig want `n vrou kan nie alleen swanger raak nie.
Ons bediende se dogter maak ook so, maak net kinders en los hulle by die ma, ma sal mos sorg maar nog nooit het sy gevoel dat sy iets aan die kinders kan doen nie – Nee sy werk haar self siek (letterlik)| om vir haar, haar kinders en klein kinders te sorg. moet baie kere `n bietjie extra vra maar nooit sal sy iets aan die kinders doen nie. Haar kleinkinders ken my beter en sien my meer as hulle die ma sien.
Die ouma het `n keuse gehad, sy het verkeerde keuse gemaak. Daar is plekke waar jy die kind kon gelos het want na die kind sou kyk! Dis poging tot moord en hopenlik word dit nie moord nie.

Leeutjie ·

Wat het in daardie kleintjie se hartjie omgegaan toe hy daar neergesit word en niemand hom kom haal nie?? Daardie vrees vir so ou dingetjie is ondenkbaar!!

Rina Kotze ·

Hoop regtig hulle kry die kindjie lewendig.
Mag sy Engele hom oppas en hy in veilige sorg geplaas word!

Mag “Ouma” nooit weer naby hom kom nie!

Spikkel ·

Die berig sê naby n rivier. Soek stroom af. Hy het tien teen een verdrink. Ouma kan maar van moord aangekla word. Maar hulle kry mos “grants” om kinders te kry. Hoekom sal hulle verder na d kind kyk? Sal eerder nog kry om geld te kry.

Elize C ·

@ Spikkel: dit was nog altyd hoe ek ook daaroor gedink het, hulle kry kinders net vir die grant wat hulle kry per kind. En dan word die kind verwaarloos en hopelik ‘n bietjie pap om te eet elke dag, terwyl ma die geld uitmors op haarself. Seker nou nie almal nie, ek moet nie veralgemeen nie. Maar ek het lankal gesê: staak dit om geld te gee, en verander die “grant” na koepons gemerk )ouderdoms-gerig) spesifiek net vir baba-kleertjies/baba-kos/ ens. Dan weet mens minstens die “grant” gaan vir die verbetering van die kind se omstandighede, want dit kan vir niks anders aangewend word nie. Dalk verminder die geboortesyfer ook sommer, as daar gesien word dit is nie meer ‘n geldmaak-skema nie……

alida ·

Hulle sal nie ophou kinders maak nie want daar is geld betrokke. Beperk die toelaag tot net 2 kinders per gesin. Dit is die enigste uitweg.

Moeks ·

Die kind is geklee en sy gewig lyk redelik. Hy is beslis nie ondervoed of so iets nie. Stem saam daar is dalk meer agter die storie. Het niemand (bure,vriende of familie) tussen Sondag en Dinsdag eers agtergekom dat die kind nie meer daar is nie? Niemand enige vrae gevra nie.
Ek hoop hulle vind hom maar dit is ‘n lang tyd en nog koud ook.

Stoney ·

Eintlik is dit skokkend! Hoe koud is dit nou in die nag. Het daai ouma nie ‘n hart nie? Kyk bietjie met kers- en nuwejaarsnaweke wie se kinders word op die strande gelos. Om ‘n kind in SA te wees is vreeslik!!! Die ergste kan met hulle gebeur en wat is die straf????

Sunette ·

Ons almal ken babas of kinders oor die algemeen. Soek maar in die rivier hys seker daar. Kan nie glo dat daar sulke mense daar buite is nie. Ek bid jys ok engel en Jesus kyk na jou. Xx

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.