ʼn Wildbewaarder wat presies twee weke gelede in die Krugerwildtuin vermis geraak het terwyl hy met ʼn roetinepatrollie besig was, is steeds soek.
Die wildbewaarder, Checker Mashego, het op 17 November in die omgewing van die Nsikazi-rivier in die Stolsnek-omgewing in die suide van die wildtuin vermis geraak.
Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê daar is nog geen nuwe inligting oor sy verdwyning nie.
Mashego is by die Skukuza-polisiestasie as vermis aangemeld.
“ʼn Taakspan wat uit lede van die polisie en SANParke bestaan, is besig om sy verdwyning te ondersoek,” sê Phaahla.
“Ons hou sy familie deurentyd op hoogte van hoe die ondersoek vorder.”
Mashego se kollega het hom daardie dag as vermis aangemeld toe hy nie by die punt waar hulle ná die patrollie bymekaar sou kom, opgedaag het nie. Daar is deurnag na hom gesoek, maar sonder enige sukses.
Die wildtuin se helikopters, honde-eenheid en nog bewaarders help ook met die soektog.
Mashego was in sy uniform toe hy vermis geraak het. Hy het ook ʼn vuurwapen, selfoon en radio by hom gehad.
Enigiemand met meer inligting wat tot die opsporing van die bewaarder kan lei, kan die Skukuza-polisiestasie of SANParke se noodnommer by 013 735 0197/076 801 9679 skakel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Ai ons hoop maar net die beste.
Verstaan ek verkeerd . Die bewaarders stap aleen ? Tussen wilde diere en wild diewe????
Leeu se maag dalk
Dit maak nie vir my sin dat hy alleen op patrollie was nie.Hoe kan hy sommer net verdwyn.Ek glo stropers is vir sy verdwyning verantwoordelik.
Wil voorstel dat hierdie bewaarders wat in uiters gevaarlike omstandighede (wilde diere, stropers en natuur) met opsporings apparaat toegerus word wanneer op patrollie…