Steeds geen teken van vermiste Pta-ma

Madelein Murray (40). Foto: Verskaf

Madelein Murray (40). Foto: Verskaf

Madelein Murray (40), die sakevrou en ma van vyf kinders wat Vrydagoggend deur vloedwater in Pretoria meegesleur is, word steeds vermis.

Die soektog is Woensdagoggend vir die sesde dag hervat. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die polisie se honde-eenheid is reeds by die Bon Accorddam en gaan voort met die soektog. “Dit is ʼn reusesoektog. Hulle is al hoeveel keer die Apiesrivier op en af. Daar was gister tien honde wat op en af langs die dam gevat is.”

Volgens Pieterse strek die soekgebied oor sowat 13 km van die laagwaterbrug in Flowerstraat in Capital Park tot waar die rivier in die dam vloei, en dan die dam self.

Madelein is die eienaar van Scrap Zone Recyclers, ʼn skrootwerf in Pretoria se middestad. Sy is die ma van vier seuns en ʼn dogter tussen ses en 20 jaar oud.

Sy en haar oudste seun, Hanco (20), was in sy voertuig, ʼn Nissan Skyline, toe dit omstreeks 03:00 in vloedwater in die Apiesrivier beland het. Volgens Henco het hy bestuur toe ʼn fratsgolf die motor op die laagwaterbrug in Flowerstraat getref en in die rivier ingedruk het.

Hy het haar verbete probeer red, maar die vloedwater het haar uit sy greep gespoel. Hy het ʼn ent van die brug self tot by die oewer gekom en hulp by ʼn vulstasie ontbied. Die motor se erg beskadigde wrak is omstreeks 09:00 gevind.

Lees alle vorige berigte oor Madelein Murray op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rachel ·

Ons kan nie ophou glo dat sy gaan terug na ons my nig jy word gemis. Ek mis jou geselsies op Facebook en whatsapp. Onse liewe Vader hou ons Madelein veilig in u arms. Alle dank aan almal wat help met die soektog. Dit word opreg waardeur.

hoop glo en vertrou ·

Ai julle ons kan nie opgee nie, ons moet bly glo dat die Here die mense wat na haar soek die lyding sal gee om haar te vind, ons bid vir haar en vir die familie in hierdie tyd, gee hulle die krag om moed te hou Here.

mariette ·

Weet iemand dalk waste klere die dame gedra het, dink net dit sal die soektog vergemaklik as mense uitkyk na ‘n spesiefieke kledingstuk

Jeanette ·

Is die vrou nie dalk nog in die wrak nie. Die wrak is so verfrommel dat ‘n mens nie mooi
kan sien nie.

ignatius steenkamp ·

Intresant sauk nuus vol van chauke kind maar niks van haar nie baie sterkte vir die familie en baie dankie dat maroela ons op hoogte hou

Xenia ·

ONSE GOD EN HEMELSE VADER U KEN VANDAG DIE SEER VAN MADELEIN SE MOEDER,KINDERS, CHRISTO. O HEER U WEET HULLE KAN NET NIE MEER, EK LE HULLE VOOR U VOETE NEER . HERE ASB SEEN DIE MENSE WAT NA HAAR SOEK EN HELP HULLE OM HAAR TE VIND

Rita ·

Ek lees wat julle skryf. Sproeiligte dit kan help dis donker daar in die nag. Dwarsboom great idee dit kan lewens res. Kan iemand nie iets op trek en almal teken nie? Dit kan ons in Hunco se mamma se naam doen en keer dat dit weer gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.