Steeds geen teken van vermiste Pta-vrou

Belinda Theunissen

Belinda Theunissen

Daar is steeds geen teken van Belinda Theunissen (24) van Dorandia in Pretoria wat op 4 Mei in Primrose, Germiston, spoorloos verdwyn het nie.

“Ons het nog niks van haar gehoor nie en daar is geen nuwe verwikkelinge nie. Ons wag nog om van die polisie te hoor,” het Lea Blignaut, Theunissen se tannie, Woensdag aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het Sondag berig ʼn vriend het haar laas by ʼn park op die hoek van Wynswood- en Ixiaweg in Primrose opgemerk. Sy bestuur ʼn silwerkleurige Opel Corsa Lite met die registrasienommer PSG 529 GP. Haar selfoon is glo op dieselfde dag vir die laaste keer geantwoord deur ʼn man met ʼn Nigeriese aksent, waarna die foon afgeskakel is.

Theunissen se ouers is in 2010 oorlede en sy en haar tweelingsussies het sedertdien by hul oupa in Pretoria gewoon. Sy het vermoedelik sonder ekstra klere of haar medikasie verdwyn.

Blignaut het gesê hulle is baie bekommerd en hulle wil net weet waar Theunissen haarself bevind.

Sy het nie ʼn bankrekening nie en is finansieel afhanklik van haar oupa.

Theunissen is ongeveer 1,6 m lank en weeg tussen 80 en 90 kg. Sy het bruin oë en lang donkerbruin hare. Sy het gaatjies in haar neus, lip en ore. Sy dra ʼn swartraambril.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar bevind word versoek om die polisie in Primrose te kontak of om ao Semosa te bel by 011 842 0503 of 060 390 2956.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.