Daar is nog geen teken van die tiener wat vermis geraak het toe hy in die Goukourivier in die Wes-Kaap geswem het nie.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê hul span in Stilbaai is Vrydag omstreeks 17:00 in kennis gestel van ʼn 16-jarige seun wat vermis geraak het in die Goukourivier sowat 800 m van die riviermond.
Arrie Combrinck, die NSRI se Stilbaai-stasiebevelvoerder, het gesê hul reddingsboot Spirit of St. Francis, NSRI-reddingswemmers en die polisie is na die toneel ontbied.
Die tiener is glo die middag die laaste keer gesien terwyl hy in die rivier geswem het. “Leerders en vriende het eers later die middag besef hy is nie meer sigbaar in die water nie en het alarm gemaak,” het Combrinck gesê.
Die polisie se reddingsduikers het intussen die soektog na die seun oorgeneem.
Combrinck het wel gesê dat die NSRI die polisie sal bystaan.
wanneer het die tiener vermis geraak?
O my genade dis vreeslik!!
As mense net besef watse massiewe haaie in n riviermond rondswem sal hul nooit ooit weer daar swem nie!