Steeds geen tyding van vermiste SA onnie

John Bothma (Foto: Facebook)

Daar is nog geen tyding ontvang van die Suid-Afrikaner John Bothma wat in Viëtnam, waar hy skoolhou, vermis geraak het nie.

Santjie Dixon, Bothma se tannie, het gesê hulle het nog geen nuus ontvang nie. Sy het intussen bevestig die toeris wie se foto op sosiale media versprei word nadat hy ernstig beseer is in Mèo Vạc in die Hà Giang-provinsie is nié Bothma nie. Daar is aanvanklik gedink die beseerde toeris is van Suid-Afrika afkomstig, maar daar is glo later bevestig dat hy van Nederland afkomstig is.

Dixon het vroeër aan Maroela Media gesê daar is ʼn betaalde vliegkaartjie vir Bothma vir 1 Junie. Hy sou in Suid-Afrika kom kuier het. Volgens Dixon het hulle egter die kaartjie se datum nou na 18 Junie gewysig sodat Bothma, indien hy dalk beseer is, tyd het om te herstel en dan na Suid-Afrika terug te keer.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het vroeër aan News24 bevestig die Suid-Afrikaanse ambassade in Hanoi is omtrent Bothma se verdwyning ingelig en versoek om dit aan die owerhede te rapporteer. Mabaya kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie. Bothma is in November Viëtnam toe om daar te gaan skoolhou. Bothma het by Dixon in Weltevreden Park in Johannesburg gewoon voordat hy Viëtnam toe is en was volgens haar nog nooit so gelukkig soos die afgelope tyd oorsee nie.

John Bothma en sy vriendin, Jody Kurash. (Foto: Facebook)

Dixon het op 18 Mei omstreeks 13:00 vir die laaste keer met Bothma gepraat. Sy selfoon is sedertdien afgeskakel. “Ek het nog die middag van die 18de met hom gepraat en hy het nie lekker geklink nie.”

Volgens Dixon het sy daarop aangedring om geld in sy rekening in te betaal sodat hy Kambodja kon besoek. “Ek het vir hom gesê hy is so naby daaraan, kom ek gee vir jou die geld,” vertel sy. Dit is die laaste wat sy van Bothma gehoor het.

Dixon het die volgende oggend omstreeks 01:00 oproepe van Bothma ontvang, maar het ongelukkig die oproepe gemis. “Dit was vir my vreemd, want dit het nog nooit gebeur dat hy so laat bel nie,” verduidelik sy nou. Hoewel Dixon toe al onraad vermoed het, het sy eers gedink dat Bothma moontlik wel oor die grens na Kambodja gereis het en dat dit bloot die rede was dat sy hom nie in die hande kon kry nie. Drie dae later het sy egter steeds nie van hom gehoor nie.

Dit is toe dat Dixon haar broerskind as vermis aangemeld en die Suid-Afrikaanse ambassade in Hanoi genader het. Bothma het tydens sy verblyf in Viëtnam ʼn vriendin, Jody Kurash, ontmoet en Kurash het ook nog nie weer van hom gehoor nie. Kurash het sedertdien ʼn veldtog op sosiale media geloods om inligting rakende Bothma se verdwyning te verkry.

Om sake te vererger het Bothma se werkvisum ook einde verlede maand verval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Onnie ·

Dit was seker toe die Nederlander. Dis nie n goeie teken dat hy nie sy vliegtuigkaartjie gebruik het nie. Maar die hoop beskaam nie….

PS ·

Deel asb die facebook link dat sy familie dit kan navors. Facebook is groot en wyd!

Anoniem ·

Die knaap is nie vermis nie, hy kruip weg. Dit is nie dieselfde ou wat beseer was in n ongellukig nie. Die man wat beseer was is reeds geiendifiseer deur sy naasbestaandes, dis ‘n Nederlander. Die Suid Afrikaner is Donderdag aand ingeboek gewees in n hostel in Distrik 1 van HCMC.

Joey ·

Aag regtig, lyk my jy is ñ siener. Hoe kan jy die aanname maak dat hy wegkruip. As jy so alweten is, gee sommer sy adres ook.

A ·

@ Anoniem, net vir interessantheid, hoe weet jy hy kruip weg en is in ‘n hostel?

Blom ·

Anoniem…dit staan dan duidelik in die berig dat die persoon wie hulle gedink het dalk hy mag wees, nie hy was nie…!!

Joey ·

Ek het op FB ñ berig gesien van ñ manlike persoon wat beseer is. Die inskrywing het eers gesê dit is ñ Suid Afrikaner en later het ek weer gelees dis moontlik ñ Duitser. Kan dit moontlik die jong man wees. Die kleur hare lyk dieselfde.

Wielspore ·

Rooijan die polisieman. Verstaan dat twee mense dieselfde kommentaar op dieselfde tyd skryf vir plasing en eers later sien die kommentaar is dieselfde. Nie al die kommentaar word dadelik geplaas nie.

Kinnie Jacobs ·

Dit was Christine Brophy se post wat ek raakgesien het. Weet ni waar sy dit gekry het nie…

Marjan ·

Hi daar aan almal wat hierbo hulle meening gelig het oordie saak. Julle weet nie waardeur hierdie Ma en Sy Sussie gaan nie. Die ma is ‘n toestand tot vandag toe het sy nog geen nuus gekry oor haar kind nie. Ek weet dat God vir haar in sy arms vas hou en haar troos totdat sy die nuus gaan ontvang oor haar seun. Ek vra dat almal van julle haar en haar dogter in jou gedagtes moet hou.

m ·

Julle kan als op FB volg gaan search Find John Bothma en post die artiekel na sooveel van julle FB contact

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.