Steeds nie duidelik of SA’ners in Parys-aanvalle sterf nie

Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Dit is nog nie bekend of enige Suid-Afrikaners in Vrydag se terroristeaanvalle in Parys gesterf het nie.

Minstens 129 mense is in die aanvalle dood. Die departement van internasionale betrekkinge het Sondag gesê hulle het nog geen berigte ontvang van Suid-Afrikaners wat in die aanvalle dood is of sedertdien vermis is nie.

Pres. Jacob Zuma, wat in Turkye is vir die G20-beraad, het gesê die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys monitor die verwikkelinge daar en sal binnekort rapporteer oor die “welstand van Suid-Afrikaanse burgers”.

Meer as 350 mense is in die aanvalle beseer. Maroela Media het vroeër berig ʼn reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle by ses plekke in Parys het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jong mense wat by ʼn konsert was en mense by kuierplekke en restaurante geteiken.

Militante van die Islamitiese Staat (IS) het in ʼn aanlyn verklaring verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar. Minstens sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Parys-aanvalle op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.